Belangrike inligting

Wat voornemende studente moet weet wanneer hulle aansoek doen vir koshuis
Koshuisplasingsbeleid​
Bestuursriglyne vir toepassing van plasingsbeleid
Bepalings en voorwaardes vir koshuisplasing
Koshuisreëls en Verblyfreëls
Koshuisgelde en Etes in koshuise
Halaal etes op Stellenbosch Kampus

Kansellasie van koshuisplasing (Voornemende studente 2024)

1. Die Universiteit sal slegs 'n kansellasie van koshuisverblyf aanvaar as jy dit skriftelik indien. Stuur daarom asseblief jou kansellasie na info@sun.ac.za, en onthou om jou studentenommer en die rede vir jou kansellasie by te voeg.

2. Sonder so 'n kennisgewing sal jy ongelukkig nie vir enige moontlike terugbetaling van die aanvaardingsbedrag in aanmerking kom nie.

3. Die Universiteit sal die datum van ontvangs van jou skriftelike kennisgewing as die amptelike datum vir die berekening van enige verskuldigde gelde gebruik.

4. In geval van kansellasies van koshuisverblyf, hanteer ons die aanvaardingsbedrag soos volg:
4.1  Indien jy voor of op 31 Oktober, kanselleer, sal jy die volle koshuisaanvaardingsbedrag terugontvang.
4.2  Indien jy ná 31 Oktober, kanselleer, sal die Universiteit jou 'n kansellasiefooi van R900 vra.
4.3  Indien jy later as 'n week ná die beskikbaarstelling van die NSS-resultate aan die begin van die studiejaar kanselleer, sal jy ongelukkig die volle aanvaardingsbedrag verbeur.
4.4  Indien jy nie teen die begin van die verwelkomingsprogram opdaag nie, sal jy ook die volle aanvaardingsbedrag verbeur en sal die Universiteit ook jou koshuisplek kanselleer.
4.5  Indien jy nie toelating tot jou studieprogram kry nie of weens omstandighede buite jou beheer nie die koshuisplek kan gebruik waarvoor jy reeds die vereiste aanvaardingsbedrag betaal het nie, kan jy skriftelik aansoek doen dat ons die aanvaardingsbedrag terugbetaal.  Hiervoor moet jy 'n volledig gemotiveerde brief aan die Studente Akkommodasie kantoor rig en dit na info@sun.ac.za stuur.
4.6  Onthou egter, die besluit om enige geld terug te betaal, berus by die Universiteit.
4.7  Koshuisplek word vir die volle akademiese jaar toegeken. Indien jy jou verblyf gedurende die akademiese jaar kanselleer, sal jy 'n kansellasiefooi van 30% van die uitstaande verblyfgeld moet betaal.​