Center for Student Counseling & Development
Welkom by Universiteit Stellenbosch

24 Uur-Krisisdiens

 

Die doel van die diens is om onmiddellik rondom emosionele stres/trauma op te tree wanneer die integriteit van die individu en/of die omgewing bedreig word.

Sielkundige krisisse sou die volgende insluit: dood van iemand naby aan jou, selfmoord, ongelukke, verkragting, seksuele mishandeling, depressie, egskeiding, stresvolle situasies/eksamens, ernstige verhoudingsprobleme ens. Die diens is ten volle met die veiligheid- en risikostelsel van SU in lyn gebring. Vennote sluit mediese praktisyns, Kampusgesondheid, akademiese en ondersteuningpersoneel, SU Kampussekuriteit en die SAPD in.Ons is geleë by Victoriastraat 49, Stellenbosch. Shoprite/Checkers ondersteun die 24-uur Krisisdiens by US.

Ons is trots om jou in kennis te stel dat Stellenbosch Universiteit 'n kontrak gesluit het met ER24 wat aan jou as student 'n professionele 24 uur krisis diens bied.  Vir meer informasie, kliek here.