Centre for Teaching & Learning
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Vorm A en B


By die Universiteit Stellenbosch moet ons ons programme en modules dokumenteer deur van Programspesifikasie (Vorm A) ​​en Modulespesifikasie (Vorm B) gebruik te maak. Die formulering van uitkomste, assesseringsplanne en module-inhoude maak deel uit van die voltooiing van hierdie dokumente. Hierdie aspekte is ooreenstemmig met die konstruktiewe belyningsproses wat in hierdie hulpbron beskryf word.

Van die Vorm A-inligting sal gewoonlik in die Jaarboek vervat word en die Vorm B-inligting raak deel van die moduleraamwerk.  Vir die nuutste weergawes van hierdie dokumente, klik hier:  Sentrum vir Akademiese Beplanning en Gehalteversekering.

Kontak gerus die Adviseur in jou fakulteit vir advies rondom die skryf van 'n leer-en-onderrig-strategie, assesseringskriteria en of die skryf van uitkomste.

Vir meer inligting oor Jaarboekveranderinge, nuwe programme en modules, kontak die Sentrum vir Akademiese Beplanning en Gehalteversekering.