Centre for Teaching & Learning
Welkom by Universiteit Stellenbosch

​​"ARTLA": ​​Onderrig, Leer en Assessering ondersteuning vir akademici gedurende COVID-19​​​​​


Die aanvang van COVID-19 gedurende 2020 het ons genoodsaak om ons in-persoon interaksie met studente te vervang en voor te berei vir die implementering van “Emergency Remote Teachin​​g, Learning and Assessment” (ERT).

Hierdie jaar wil ons 'n ander model van leer en onderrig volg:  "ARTLA" (Augmented Remote Teaching, Learning and Assess​ment).  Dit behels die kombinasie van aanlyn-leer met moontlike kontaksessies vir kleiner groepe.  Fakulteite en departemente sal besluit watter onderrigmodel gebruik sal word vir watter module, insluitend tot watter mate aanlyn en / of kontaksessies gebruik sal word.  Dit sal afhang van die uitkomste van die module.  Hierdie benadering neem die verskillende omstandighede van ons verskillende akademiese omgewings in ag.  

Wat ook al die finale besluit oor 'n spesifieke module, alle leermateriaal sal aanlyn op SUNLearn beskikbaar moet wees.  Interaksie met studente kan aanlyn (self-studie of 'live') of in-persoon wees.  Die vertrekpunt van hierdie proses van aanpassing is die herdink van die uitkomste, assessering en leergeleenthede van u module vir die aanlynomgewing. Dit is belangrik om die aktiewe betrokkenheid van studente in die ontwerp in te sluit asook om studente aan te moedig om verantwoordelikheid vir hulle eie leer te neem. Hou dit eenvoudig, veral indien u ’n nuweling in die aanlyn O&L&A omgewing is.  

Gedurende 2020​ is ’n reeks hulpbronne saamgestel om​ dosente en studente te begelei deur die aanpassing na aanlynonderrig. ’n SUNLearn module vir dosente, “Lecturer Support for Online Teaching” is ontwikkel om u stap-vir-stap te ondersteun met die skuif van in-persoon O&L&A na die aanlynomgewing as deel van ​​aanlynonderrig.  U kan ook luister na die opnames van webinare wat voorheen aangebied is en beskikbaar gestel is op die SUNLearn Dosentesteun module​.​

In 'n poging om US-dosente in hulle onderrigfunksie te ondersteun, is die DeLTA-proses en hulpbron (Design ing Learning, Teaching and Assessment of die Ontwerp van Leer, Onderrig en Assessering proses) gekonseptualiseer en opgestel. Die titel van die proses is die akroniem (DeLTA), maar Delta is ook die wiskundige simbool vir verandering wat as Δ geskryf kan word. Die doel van die proses kan dus uitgedruk word as:  om as 'n gids vir die bewerkstelling van verandering in Onderrig en Leer aan die US te dien.  Die DeLTA-proses is aangepas vir die aanlyn​-omgewing, en is beskikbaar hier.

​Gedurende die webinare oor aanlyn-assessering is voorbeelde van innoverende assesseringsbenaderings en metodes ten toon gestel.  Hierdie voorbeelde is beskikbaar op die  Lecturer Support for Teaching Online SUNLearn module.  U is welkom om die dosente wat genoem word in elke gevallestudie te kontak indien u die voorbeeld in meer detail wil bespreek.  Klik hier om die voorbeelde te sien.

Kontak gerus die SOL adviseur in u Fakulteit om saam te dink oor die skuif en voorbereiding van u aanlynmodule. U kan ons ook kontak by 021 808 3717 of by sol@sun.ac.za. Ons sal op u navraag reageer of ​verwys na die mees geskikte persoon of bron. ​

​Wees versigtig en wees veilig!​​


KontA​​​k Besonderhede