Center for Student Counseling & Development
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Ander Kundiges

​​​

Professionele maatskaplike dienste soos hulpverlening, leiding en voorligting word individueel aan studente gelewer ten opsigte van sosiale kwessies en hulle welsynsbehoeftes wat potensieel 'n negatiewe effek op hulle studies mag hê.

Om afsprake met die maatskaplike werker te maak, kontak die Eenheid vir Psigoterapeutiese en Ondersteuningdienste se ontvangs vir afsprake by 021-808 4994 of e-pos by terapie@sun.ac.za.

 

Werkstudieprogramme

Die Werkstudieprogram (WSP) gee aan finansieel behoeftige en verdienstelike studente die geleentheid om 'n bestaansinkomste te verdien. Die bedoeling en doel van die program is om hierdie studente by te staan deur die basiese nodigste goed en ander noodsaaklikhede te voorsien wat hulle gesinne of  die beurse nie in staat is om te dek nie. Ons glo dat die WSP ook 'n waardiger en meer bevestigende manier is om studente met finansiële uitdagings by te staan, teenoor blote uitdelings. Die program bied ook die geleentheid aan studente om waardevolle werksondervinding op te doen terwyl hulle studeer. Die doel van die program is om soveel studente as moontlik met die beskikbare fondse te help.


Advertensie vir 2019 Aansoeke

Aansoeke vir die 2019 Werkstudieprogram  is oop! Hierdie programgee finansieel behoeftige studente 'n geleentheid om 'n inkomste te genereer. Die doel van hierdie program is om studente  te ondersteun en hulle  sodoende in staat stel om in hulle basiese behoeftes te voorsien soos bv. kos, boeke en ander noodsaaklikhede. Stuur asseblief jou voltooide aansoekvorm en aangehegte CV voor of op Maandag 29 Oktober 2019 aan Lizzie Witbooi by lgwitbooi@sun.ac.za.

Geen laat aansoeke sal aanvaar word nie.

Let wel:. Weens beperkte befondsing kan slegs 'n beperkte aantal studente in die program akkommodeer word. Die suksesvolle kandidate sal n werksooreenkoms vir 8-maande onderteken en 'n maksimum van 20 werksure per maand word vereis.

 

Kliek hier vir 2019 Aansoeke

 

Vouch4US-projek


Die Vouch4US is 'n Pick 'n Pay/Checkers koopbewys-projek wat studente, wat baie behoeftig is, bystaan. Studente van beide Stellenbosch en Tygerberg-kampus het baat gevind by hierdie projek in die verlede. 'n Maksimum van R500 se Pick 'n Pay/Chekcers koopbewyse was aan elke studente wat in nood was geskenk.

Die US maatskaplike werker ontvang versoeke vir bystand op 'n daaglikse basis. Meeste van hierdie studente het nie finansiële hulp vir die huidige jaar het nie.

Ons daag alle personeel uit, insluitende die rektor en die topbestuur, sowel as mede-Maties, om ten minste een R50 Pick 'n Pay/Checkers geskenkbewys te koop of donasies kan direk in die bankrekening van die Universiteit gemaak word. Studente kan sodoende bygestaan word met noodsaaklikhede en hierdie betekenisvolle projek kan volhoubaar voortgaan. Die koopbewys-stelsel bied 'n menswaardige geleentheid vir studente in nood en dra die belangrike boodskap oor dat ons personeel en mede-Maties die waarde en potensiaal van Maties met finansiële sorge kan raaksien.  Oorweeg asseblief om die hierdie belangrike projek te ondersteun op ʼn voortdurende basis.

 


Die bankbesonderhede van die Vouch4Us Projek:

Bank: Standard Bank
Rekeningnommer: 073006955
Takno: 05-1001
Verwysing no: 6430B projek Nood
Bewys van betaling moet gestuur word aan Lorenza George lcg29@sun.ac.za

Alternatiewelik kan die Pick ʼn Pay koopbewysse by die Sentrum vir Studentevoorligting en -ontwikkeling ingedien word.


Vir enige navrae kontak asseblief vir Lizzie Witbooi, maatskaplike werker, by 021 808 4511 of lgwitbooi@sun.ac.za

 

Voedsel-veldtog

'n Voedsel-veldtog is 'n Maties 4 Maties-inisiatief. Skenk asseblief enige nie-bederfbare voedselitems vir behoeftige studente aan die Sentrum vir Studentevoorligting en -ontwikkeling.

Let wel: Vir enige navrae, kontak die Maatskaplike Werker by lgwitbooi@sun.ac.za of 021-808 4511