Center for Student Counseling & Development
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Ons Dienste

​​

Psigoterapie en persoonlike ontwikkeling

die Eenheid vir Psigoterapeutiese en Ondersteuningsdienste (EPOD) bied 'n gratis psigoterapeutiese, sosiale en ontwikkelingsdiens aan alle ingekrewe studente om hulle te help om sukses in hulle studies te bereik.

 

Tipes Kwessies

Tipes kwessies waarvoor studente dikwels hulp soek:

  1. Probleme met aanpassing aan die universiteit en met weg wees van die huis af
  2. Terneergedruktheid en depressie
  3. Hantering van verlies of ander traumatiese gebeure
  4. Minderwaardigheidsgevoelens en 'n swak selfbeeld
  5. Oormatige stres gedurende eksamens en by tye wanneer prestasie vereis word
  6. EOnaangename angs en spanning
  7. Angs om voor mense op te tree
  8. Nadelige effekte van alkohol en ander substansiemisbruik
  9. Bekommernisse oor gewig, eetgewoontes en voorkoms
  10. Konflik en ander probleme in verhoudings
  11. Eensaamheid
  12. Onsekerheid oor seksualiteit
  13. Sosiale probleme

 

Jou Plan van Aksie


As jy hulp met een van die bogenoemde of 'n ander kwessie verlang, volg die stappe hier onder:


Stap 1: As jy deur 'n akute krisis gaan en onmiddellik hulp benodig, kontak die Krisisdiens

Stap 2: As jy nie 'n krisis ervaar nie, raadpleeg die inligtingsmateriaal op die webtuiste van die Sentrum vir Studentevoorligting en –ontwikkeling (SSVO) en volg die riglyne wat in die materiaal uiteengesit word.

Stap 3: As jy hierdie riglyne gelees en toegepas het en hulle nie verligting vir jou probleem kon bring nie, sluit aan by 'n werkwinkel oor die onderwerp, of sluit by 'n terapiegroep aan.

Afsprake


Hoe om 'n afspraak te maak:

Stellenbosch-kampus: Maak 'n afspraak met ons ontvangspersoneel by Victoriastraat 49, of skakel ons by 021-808 4994. Die terapeut aan diens sal 'n onderhoud met jou voer, die tersaaklike inligting van jou verkry en dienooreenkomstig 'n aanbeveling maak.


Tygerberg-kampus: 'n Soortgelyke diens is op die Tygerberg-kampus beskikbaar. Skakel A 021-938 9590, of besoek ons kantoor by Studente Gesondheidsdienste om 'n afspraak te reël.