Center for Student Counseling & Development
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Bronsentrum

Inligting oor werkgewers, loopbane, hoëronderwysinstellings en selfhelp werksoekvaardighede is gedurende kantoorure by die Hulpbronsentrum beskikbaar. Hierdie inligting sluit boeke, ensiklopedieë, lêers met loopbaanverwante inligting, netwerke en inligting oor ander tersiêre instellings in Suid-Afrika in.

Toegang kan vanaf ons rekenaars verkry word tot 'n gerekenariseerde loopbaangebaseerde program genaamd die Pace Careers Centre en ander inligting oor maatskappye. Die inligting by die hulpbronsentrum bied antwoorde op die volgende vrae: Watter loopbaangeleenthede is daar vir my kursus. Wat is die effektiefste werksoekstrategie? Waar kan ek werk vind? Waar het vorige Maties werk gekry? Wat is die voordele van 'n netwerk, en hoe ontwikkel ek hierdie vaardigheid? Wanneer en hoe bestuur ek my loopbaan? Watter ander kwalifikasies sal my meer bemarkbaar maak? Waarna soek werkgewers?

Evisors se web-seminare is uitsonderlike hulpvaardige hulpbronne wat studente kan gebruik om hulle werksoekvaardighede te verbeter. 'n Reeks onderwerpe word gedek deur adviseurs wat by sommige van die wêreld se top handelsnaam-werkgewers gewerk het en waardevolle insigte in hulle aanbiedings oor die beroepswêreld oordra. Deur hierdie platform kan studente skakel met internasionale loopbaanadviseurs wat tersaaklike professionele agtergrond het en uiteenlopende dienste vir hulle kliënte kan aanbied. Studente kan in die gerief van hulle eie huise 24/7-toegang kry tot lewendige en opgeneemde web-seminare. Dit kan gereël word dat sommige van die web-seminare by die Hulpbronsentrum gekyk kan word, wat geheel en al sal afhang van die getal geïnteresseerde student, die tyd van die web-seminaar en die beskikbaarheid van die fasiliteerder op die bestemde tyd.

Kantoorure: 08:00-16:30. Jy hoef nie 'n afspraak te maak om die Hulpbronsentrum te besoek nie.

Ander Hulpbronne Beskikbaar

MatiesCareers

Gebruik asseblief jou Universiteit Stellenbosch e-pos adres om te registreer.