Center for Student Counseling & Development
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Neuro-Link

Neurolink image.jpg

 

LeerontvanklikheidsprofielTM

"Begrip van jou sterk punte en hoe jy leer en dink, en uitvoering volgens hierdie kennis is die sleutel tot prestasie" Peter Drucker.

Ons kan jou van kundige advies voorsien deur die Leerontvanklikheidsprofiel (LOP) te voltooi. Hierdie profiel identifiseer jou unieke neurologiese bedrading. Dit dui aan hoe jy inligting prosesseer en wat jou denk- en leervoorkeure en sterk punte is (Neuro-Link, 1998). Voorligting oor studiemetodes kan daarom volgens jou individuele leervoorkeure aangepas word met die doel om jou te ondersteun om optimale breinfunksionering te bereik. Kontak asseblief sentrale ontvangs by 021-808 4707, of maak 'n afspraak by Victoriastraat 37 vir verdere besonderhede.

Waarom die profiel doen?

Hierdie profiel sal jou help om:

  • optimale breinprestasie te bereik;
  • jou leerpotensiaal akkuraat te identifiseer;
  • jou uniekheid te verstaan;
  • duidelikheid te kry oor toekomstige ontwikkelingsaksies wat jou prestasie sal bevorder;
  • neurologiese en leerhindernisse te identifiseer; en
  • jou vlak van leerontvanklikheid te verhoog.

Wat kan jy verwag?

  • 'n Akkurate assessering van aandrywers wat die prestasie van 'n student se brein bevorder.
  • Getuienis van breingebaseerde perspektiewe wat 'n student se leerontvanklikheid verhoog.
  • Duidelikheid oor hoe uniek die student verkies om te leer en dink.

Wat maak hierdie assessering uniek?

Neurowetenskaplike benadering

Neurowetenskap is 'n inklusiewe wetenskap wat oorweeg wat alle mense met mekaar in gemeen het: 'n brein!

Holistiese benadering

Die LOP (LRPTM) is 'n neurowetenskaplike, meerdimensionele werktuig wat ses aandrywers wat vir optimale breinfunksionering bevorder kan word en sewe verskillende breingebaseerde perspektiewe wat 'n student se vermoë om effektief te dink en te leer, assesseer

Omvattend

Die LOP (LRPTM) is die omvattendste assessering van breingebaseerde leerstyle wat vandag op die mark bestaan, omdat dit alle primêre faktore wat breinprestasie en leerontvanklikheid affekteer, assesseer

Omdat die menslike brein so ingewikkeld is, het jy 'n omvattende werktuig nodig wat al die nodige aspekte van jou unieke neurologiese ontwerp sal aandui sodat jy akkuraat kan verstaan wie jy is. Wanneer jy hierdie assessering voltooi, sal jy 'n tasbare werktuig hê wat jy in die werklikheid kan aanwend om jou prestasie te verbeter en meer te word wat jy kan wees.

Die meeste assesserings bied een perspektief oor 'n spesifieke leerstyl. Die LOP (LRPTM) bied 13 verskillende perspektiewe, wat daarvan die omvattendste assessering van leerstyle in die wêreld maak.