Center for Student Counseling & Development
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Bewustheid

 

Afdeling vir Akademiese Voorligting en Loopbaanontwikkeling

Bemeester jou gedagtes

'n Program in Bewustheidgebaseerde Stresvermindering

 

My gedagtes hardloop met my weg wanneer ek op my studies probeer fokus.

 

Ek sukkel dikwels om op 'n taak te fokus.

 

In die algemeen is ek in 'stuuroutomaat-modus' sonder veel bewustheid van wat ek besig is om te doen.

 

Ek is vasgevang in ou, oneffektiewe maniere van reageer op stres.

 

Ek vind dat ek take tot die laaste minuut uitstel.

 

As jy een of meer van hierdie items gemerk het, mag hierdie program vir jou wees!

Wat is bewustheid?

Bewustheid is 'n unieke manier van aandag gee wat volle bewustheid en aanvaarding van die huidige oomblik behels.

Bewustheidsopleiding is soos om 'n spier te oefen. Deur oefening leer jy om jou aandag op die hier en nou te vestig. Dit help jou om jou gedagtes doelgerig te kalmeer en 'n sin van beheer te herwin.

Wat behels die program?

  • Die program bestaan uit vier weeklikse sessies van 90 minute elk.
  • Gedurende hierdie sessies sal jy leer oor die konsep van bewustheid en praktiese bewustheidsoefeninge doen.
  • Tuisoefening van 30 minute per dag word vereis.
  • Plek: Den Bosch Victoriastraat 39.

 

Uitkomste van die program

Uitgebreide navorsing het getoon dat oefening van bewustheid stres en uitstel kan verminder. Dit kan ook konsentrasie, helder denke, verstandelike doeltreffendheid en algemene welsyn bevorder.