Center for Student Counseling & Development
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Werksessies & Ander Ondersteuning

​​

Akademiese Werksessies

Die SSVO bied verskeie dienste aan studente met gestremdhede. Individuele bystand word gebied en werksessies gereël met betrekking tot onder andere persoonlike probleme, loopbaanbeplanning, stresbestuur, werksoekvaardighede, tydbestuursvaardighede, akademiese probleme, studie- en denkvaardighede. Gebaretaalklasse word ook aangebied. Besoek www.sun.ac.za/ssvo.

 

Beginnersklasse vir Gebaretaal

Hierdie klasse word gedurende die eerste en tweede semesters aangebied vir belangstellendes met geen gebaretaal-agtergrond nie. Die werksessies bestaan uit 6 opeenvolgende sessies en word aangebied teen 'n fooi van R120.00 (R20 per sessie). Datums sal in die gebeure-artikels van die webtuiste aangedui word.

Besprekings kan slegs elektronies gedoen word by http://www.sun.ac.za/workshops. Vir verdere inligting, kontak 021-808 3675, of stuur 'n e-pos na workshops@sun.ac.za. Studente met spesiale behoeftes behoort asseblief aan te dui watter ander ondersteuning benodig mag word om materiaal of klank tydens die werksessie meer toeganklik te maak. Behoeftes kan aangedui word via 'n e-pos na workshops@sun.ac.za.


Akademiese ondersteuning

Indien jy akademiese ondersteuning vir individuele vakke benodig, kontak asseblief die tersaaklike dosente in jou Fakulteit.

 

Mentors in wonings

Alle eerstejaarstudente het toegang tot mentors in die wonings waar hulle woon en via die privaat studente-organisasie (PSO) wyke. Hierdie mentors kan emosionele en akademiese ondersteuning bied. Dit word aanbeveel dat jy nou kontak met die gekose mentors in jou woning of PSO behou.

 

BAIE BELANGRIK!

Dit is belangrik dat jy voortdurend in kontak met jou dosente is ten opsigte van jou behoeftes en dat jy jou behoeftes onmiddellik met enige nuwe dosente wat jy gedurende die loop van jou kursus mag hê, bespreek. Omdat jy die uitdagings wat jy in jou akademiese lewe in die gesig staar beter as die Eenheid vir Gestremdhede  of enigiemand anders ken, is dit primêr jou verantwoordelikheid om te verseker dat jou dosente ingelig is oor jou behoeftes. Die Eenheid vir Gestremdhede  sal jou ondersteun, veral aan die begin van jou studies, maar dit word aanbeveel dat jy 'n goeie verstandhouding met jou dosente opbou sodat hulle jou leer ken en regdeur jou studies van jou behoeftes bewus bly. Dit is ook noodsaaklik dat jy ons oor jou behoeftes inlig sodat ons jou kan ondersteun.