Die Eenheid vir Psigoterapeutiese en Ondersteuningsdienste lewer professionele ondersteuning en berading aan studente wat persoonlike, professionele of akademiese uitdagings beleef.
Die Eenheid bied gratis en vertroulike individuele en groepsberadingsessies vir uitdagings wat strek van angstigheid, spanning, die ervaring van trauma en verlies wat spruit uit omstandighede by die huis of universiteit.
In samewerking met ons studente en die Afdeling: Studentesake het ons ʼn projek afgeskop waarmee ons van die stories van US-studente en hul uitdagings met trauma en geestes- en psigologiese gesondheid vertel.
Vra gerus vrae as jy onseker is. Jy is welkom om ʼn personeellid met ʼn versoek of vraag te nader. As hulle jou nie dadelik kan help nie, sal hulle jou verwys na die persoon wat jou die beste sal kan help.
Ons besef daar is baie studente wat uitdagings ervaar as dit kom by toegang tot voedsel. Die Eenheid het voedselsteunprogramme in plek om jou by te staan as jy ondersteuning nodig het.
ER24 Noodnommer010 205 3032