Center for Student Counseling & Development
Welkom by Universiteit Stellenbosch

FAQ

Vrae Gereeld Gevra (Werkgewers)

Die volgende is voorbeelde van vrae wat ons gereeld vanaf werkgewers ontvang:

  1. Stuur my asseblief 'n lys van al die topstudente/studente in 'n gespesifiseerde graadkursus/fakulteit:

volgens die wet word ons nie toegelaat om enige kontakbesonderhede van ons studente te openbaar nie. Daarom mag ons nie enige lyste van studente aan werkgewers verskaf nie.

Werkgewers is egter welkom om 'n advertensie ten opsigte van hulle geleenthede aan careerservices@sun.ac.za​​ te stuur om  na ons Loopbaanportaal by http://jobs.mymaties.com opgelaai te word. Advertering op die portaal is gratis.

 

  1. Ons maatskappy het 'n vakature wat onmiddellik gevul moet word. Adverteer dit asseblief vir julle vorige gegradueerdes:

Ons hou nie 'n databasis van studente wat reeds gegradueer het, by nie. Wanneer 'n student gegradueer het, word sy/haar e-posadres van die universiteit ongeldig en kan hy/sy nie gekontak word nie. Ons stel voor dat die vakature geadverteer word op ons Loopbaanportaal, waar geïnteresseerde gegradueerdes dit kan sien. Stuur die advertensie na careerservices@sun.ac.za​​ om na ons loopbaanportaal by http://jobs.mymaties.com opgelaai te word. Advertering op die portaal is gratis.

 

  1. Ons maatskappy het met 'n nagraadse program begin en wil dit graag adverteer vir studente wat aan die einde van die jaar gradueer:

Ona kan u program vir huidig ingeskrewe studente adverteer deur 'n posskoot na hulle te stuur. U voorsien ons van 'n e-pos (met geen aanhangsels nie) kleiner as 100 kb, wat ons dan aanstuur na die studente wat u teiken. 'n Fooi is betaalbaar vir hierdie diens. Stuur u versoek na careerservices@sun.ac.za​​​.

 

  1. Watter dienste bied julle kantoor aan werkgewers?

Ons grootste gebeurtenisse is die jaarlikse loopbaanskoue wat ons organiseer. Hulle is gewoonlik aan die einde van Julie en/of aan die begin van Augustus. Ons reël drie loopbaanskoue: algemeen, rekeningkunde en ingenieurswese.

Werkgewers kan kantore by ons bespreek waar hulle onderhoude met studente kan voer.

'n Groter vertrek is beskikbaar waar skriftelike assesserings gedoen kan word.

Ons publiseer 'n Gegradueerde Werwingsboekie waarin werkgewers 'n volbladadvertensie kan plaas. Werkgewers wat aan die loopbaanskoue deelneem sal ook 'n inskrywing in die boekie hê.

'n E-pos kan via die Loopbanekantoor aan studente gestuur word.

Ons bestuur 'n aanlyn-Loopbaanportaal by http://jobs.mymaties.com waar werkgewers gratis kan adverteer.