​​VETROULIKHEID

Ons hanteer die inligting wat studente en personeel aan die Sentrum vir Studentevoorligting en -ontwikkeling verskaf met die grootste respek en vetroulikheid. Die Sentrum word gerig deur die beginsels van etiese praktyk soos deur die Suid-Afrikaanse Raad op Gesondheidsberoepe en die Suid-Afrikaanse Raad op Maatskaplikediensteberoepe voorgeskryf. Die Sentrum laat homself verder lei deur die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika; Die Wet op Gesondheidsberoepe, Wet 56 van 1974; die Wet op Beskerming teen Teistering, Wet 17 van 2011; en die Kode van Goeie Praktyk oor die Hantering van Gevalle van Seksuele Teistering in die Werkplek, 2005.

Rekordhouding en derdepartyversoeke

Kliënterekords is vertroulik en word geberg op HealthOne, ʼn elektroniese databasis wat deur ʼn wagwoord beskerm word. Alle rekords word vir vyf jaar gehou en daarna vernietig. Toegang tot kliënte-inligting word net met die geskrewe toestemming van die kliënt toegelaat. As ʼn kliënt instem dat ʼn derde party toegang tot sy of haar rekords verkry, moet die derde party die kliënt van hul voorneme om inligting van die SSVO te versoek, inlig en verseker dat die kliënt bewus is van die derde party se kommunikasie en verhouding met die Sentrum. As ʼn kliënt nie instem nie, sal geen inligting gedeel word nie.

  Kliek HIER om die Bepalings en Voorwaardes dokument​ te lees​.