Centre for Teaching & Learning
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Nasionaal

​​​

Ons INSTITUSIONELE beleidsdokumente is binne die NASIONALE hoëronderwysbeleidskonteks geformuleer. Daarom word daar enkele NASIONALE hoëronderwysbeleidsdokumente in hierdie afdeling gelys.

Die volgende nasionalebeleidsdokumente en -verslae w​​ord gelys:

​​

Die Raad op Hoër Onderwys (RHO)

Die Raad op Hoër Onderwys (RHO) is 'n onafhanklike statutêre liggaam wat kragtens die Wet op Hoër Onderwys (101 van 1997), soos aangepas, in Mei 1998 opgestel is en dit funksioneer as die raad oor gehalte in hoër onderwys kragtens die Wet op die Nasionale Kwalifikasieraamwerk (67 van 2008).

Die funksies van die RHO sluit die volgende in:

  • Verskaffing van advies aan die Minister van Hoër Onderwys en Opleiding, op versoek of op eie inisiatief, oor alle aspekte van hoëronderwysbeleid.
  • Ontwikkeling en implementering van 'n stelsel van gehalteversekering vir hoër onderwys, insluitende program-akkreditasie, institusionele oudits, gehaltebevordering en kapasiteitsontwikkeling, standaarde-ontwikkeling en die implementering van die Kwalifikasie-subraamwerk in Hoër Onderwys (Higher Education Qualifications Sub-Framework of HEQSF).
  • Monitering en verslagdoening oor die stand van die hoëronderwysstelsel, insluitende assessering van of, hoe, tot watter mate en met watter gevolge die visie, beleidsdoelwitte en mikpunte gerealiseer word.  
  • Lewering van bydraes tot die ontwikkeling van hoër onderwys deur intellektuele betrokkenheid by sleutel- nasionale en sistemiese kwessies, insluitende internasionale neigings, die skep van publikasies, die aanbied van konferensies en die uitvoering van navorsing om die korttermyn- en langtermyn-uitdagings waarvoor hoër onderwys te staan is te verhelder en by te dra tot die hantering daarvan.

Die RHO het uitvoerende verantwoordelikheid vir gehalteversekering en -bevordering, en dit vervul hierdie verantwoordelikheid deur die vestiging van 'n permanente komitee (soos vereis deur die Wet op Hoër Onderwys), die Gehaltekomitee vir Hoër Onderwys (Higher Education Quality Committee of HEQC).

Bron: CHE

Bykomende beleidsdokumente wat met Hoër Onderwys verband hou, is beskikbaar hier:​