Centre for Teaching & Learning
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Kitsgids vir OLA


Die kitsgids tot OLA aan die US word aan die begin van elke jaar opdateer.

Die Universiteit Stellenbosch is inklusief, innoverende en toekomsgerig: 'n plek van ontdekking en uitnemendheid waar sowel personeel as studente denkleiers is wat tot diens van alle belanghebbendes kennis bevorder. Vir dosente behoort hierdie gevoel deel uit te maak van hulle drie rolle, naamlik onderrig, navorsing en sosiale impak.

Die Kitsgids tot Onderrig en Leer by Universiteit Stellenbosch fokus op een van die bogenoemde rolle, naamlik onderrig. Onderrig is 'n opwindende en vervullende deel van 'n akademikus se lewe. Om 'n generasie ontvanklike intellekte voor te berei om in die behoeftes van ons samelewing te voorsien, bied baie en uiteenlopende uitdagings aan dosente.

Die doel van hierdie boekie is om die Universiteit se benadering tot onderrig en leer met u te deel. Dit sal u op die spoor van nuttige bronne van inligting, advies en ondersteuning vir u rol as dosent bring en u ook help om u weg deur die plaaslike beleidsdoolhof te baan.

​.