Centre for Teaching & Learning
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Konsultasies en klasbesoeke

Konsultasies op versoek

SOL-personeellede doen op versoek klasbesoeke. Dosente mag 'n klasbesoek van die SOL-adviseur in hulle fakulteit versoek, en mag dit herhaaldelik doen om die waarde van hierdie groeigeleentheid te maksimeer.

Die klasbesoek word deur 'n bespreking en geskrewe verslag opgevolg, waarin daar vanuit 'n waarderende perspektief die volgende uiteengesit word: 1) die sterkpunte van die lesing en die dosent en 2) moontlike veranderinge wat beide die onderrig en leer kan verbeter. Die verslag word as vertroulik hanteer deur SOL en word slegs aan die dosent gestuur. Die dosent mag egter die verslag aanwend vir enige doel van sy/haar keuse. SOL beskou klasbesoeke as 'n voorreg en 'n geleentheid om verhoudings met akademiese personeel te bou.

Dosentkonsultasies rakende algemene onderrig- en leerondersteuning en die beplanning van 'n werksessie vir 'n departement/fakulteit geskied ook op versoek.

Dosente word ook aangemoedig om hulle kollegas uit te nooi om by hulle klasse in te sit. Navorsing toon dat portuurobservasies en -terugvoerbesprekings waardevolle professionele leergeleenthede is.

Tree asseblief met die SOL-adviseur in u fakulteit in verbinding indien u 'n klasbesoek of werksessie wil versoek:

SOL adviseurs in fakulteite

FakulteitAdviseurE-posUitbreiding
AgriWetenskappeNicoline Herman nherman@sun.ac.za3076
Ekonomiese & BestuurswetenskappeGert Young gyoung@sun.ac.za4937
Geneeskunde & GesondheidswetenskappeJean Farmer jeanlee@sun.ac.za

2956

021 – 938 9832

Ingenieurswese

Karin Wolff (PREDAC)

Cecilia Jacobs

wolff.ke@gmail.com

jacobsc@sun.ac.za

 

3751

Krygskunde

Claudia Swart (PREDAC)

Cecilia Jacobs

claudias2@sun.ac.za

jacobsc@sun.ac.za

4502

3751

Lettere & Sosiale WetenskappeKarin Cattell kcattell@sun.ac.za3074 / 9617
NatuurwetenskappeHanelie Adendorff hja@sun.ac.za9191
OpvoedkundeAnthea Jacobs jacobsa@sun.ac.za9258
RegsgeleerdheidClaudia Swart claudias2@sun.ac.za4502
TeologieMelanie Petersen mpeter@sun.ac.za3544