Clinical Pharmacology
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Afdeling Kliniese Farmakologie

Onderrigprogramme


Voorgraadse onderrig wat mediese studente betrek, is in praktiese, klinies gerigte kurrikula byeengebring. Bydraes tot hierdie geïntegreerde programme word van alle vlakke betrek, vanaf die eerste tot die finale studiejaar.

Ons BSc-honneursprogram is so saamgestel dat studente aktief aan navorsingsprogramme binne die Afdeling kan deelneem. Daarmee saam het ons 'n reeks lesings en besprekings oor aktuele aspekte van kliniese farmakologie en molekulêre farmakologie/biologie.

Die twee jaar voltydse MSc-program en drie jaar PhD-program bestaan volledig uit 'n projek wat op navorsing gegrond is.

Die PhD-program is ook 'n voltydse program wat volledig op navorsing gegrond is.

Ons eerste kliniese assistente in Kliniese Farmakologie het in  2014 begin . Die teikengroep vir die opleidingsprogram is mediese dokters wat beplan om in die vakrigting kliniese farmakologie te spesialiseer.

Die Afdeling bied 'n deeltydse twee jaar lange nagraadse diplomaprogram inGeneemiddelontwikkeling  (NG Dipl GeneesOntw) aan wat alle aspekte van geneesmiddelontwikkeling dek.​

.