​Die Gradlinc Portaal​​​​​

Die Eenheid vir Graduandi-loopbaandienste (EGLD) het vanaf MatiesCareers na Gradlinc gemigreer, 'n nuwe en verbeterde platform wat jou loopbaanontwikkelingsreis sal verbeter. Hierdie plaaslik ontwikkelde werwings- en advertensieplatform beloof om jou loopbaanontwikkelingsreis te verbeter deur jou meer geleenthede te bied om jou loopbaan te begin, insluitend die gesogte voordeel om jou skynonderhoude aanlyn te doen. Die platform is spesifiek ontwerp om jou, talentvolle student of alumnus, te verbind met werkgewers wat op soek is na jou vaardighede en potensiaal. Of jy nou op soek is na voltydse werk, deeltydse geleenthede of beurse, Gradlinc is jou vennoot.

Neem asseblief kennis dat die huidige MatiesCareers-portaal op 30 Junie 2023 sal sluit. Daarom moedig ons jou aan om so gou moontlik op Gradlinc te registreer (kliek hier) om te verseker dat jy nie enige toekomstige werksgeleenthede mis nie.

Indien jy vrae het of verdere inligting benodig, moet asseblief nie huiwer om Gradlinc te kontak by support@gradlinc.co.za of hulle te skakel by 021 1371 744. Jy kan ook hul webwerf besoek by www.gradlinc.co.za  en skakel verder op LinkedIn. Ons glo dat Gradlinc 'n groot hulpmiddel vir ons loopbaanontwikkelingsreis sal wees!