​​​​​Voedselsekerheidsprogramme en -noodbystand 

​​​​​​​By die Universiteit Stellenbosch (US) glo ons dat geen student met die bekommernis van voedselonsekerheid belas moet wees nie. Daarom het die Universiteit langtermyn- en volhoubare voedselsekerheidprogramme wat toeganklik is vir alle studente. Studente wat met voedselonsekerheid worstel, word aangemoedig om deur die toepaslike Universiteitskanale om hulp aansoek te doen. Om die aansoekproses te vergemaklik, het ons ons riglyne volgens die volgende kategorieë ingedeel:

  • Studente wat ’n beurshouer is of finansiële bystand ontvang
  • Studente wat geen finansiële bystand ontvang nie
  • Noodbystand vir studente wat onmiddellik hulp benodig

​​Voedselsekerheid is 'n dinamiese proses en dienste mag verander​. Vir meer inligting, klik hier​.

Stellenbosch_Afr.jpg
Tygerberg_Afr.jpg