School of Accountancy
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Stellenbosch Thuthuka

​ 



Geleenthede in Rekeningkunde – Stellenbosch Thuthuka

Thuthuka is 'n transformasie-inisiatief van die Suid-Afrikaanse Instituut van Geoktrooieerde Rekenmeesters wat daarop gemik is om voorheen-benadeelde leerders in skole aan te moedig om 'n loopbaan in die Geoktrooieerde Rekenmeesters (GR) veld te volg. Die beursfonds het ten doel om die toetreegetalle van swart en bruin universiteitstudente in hierdie veld te verhoog en hul deurvloeisyfers deur middel van finansiële en ander ondersteuning te verbeter. Die voor- en nagraadse beurs bestaan tans uit sowel 'n beurs as 'n beurslening waarvan 'n gedeelte van laasgenoemde in 'n beurs omgeskakel word afhangende van die student se akademiese prestasie.

 

Die Stellenbosch Thuthukaprogram bied omvattende akademiese en nie-akademiese steun aan die Thuthuka BRek-studente wat by die Universiteit studeer. Die studente neem aan verskeie interaktiewe lewensvaardighede- en werksplekgereedheidswerkwinkels deel. Daar word van studente verwag om vakansiewerk te doen asook om deel te neem aan 'n gemeenskapsinteraksieprojek van hul keuse. Die studente woon vir die duur van hul studies naby mekaar in universiteitsbehuising.

 

Kontakbesonderhede

Vir meer inligting rakende die Baccalaureus in Rekeningkunde-graad of Universiteit Stellenbosch se Thuthukaprogram, kontak asseblief:

Baccalaureus in Rekeningkunde: Program koördineerders: Proff CJ van Schalkwyk & SPJ von Wielligh

Stellenbosch Thuthuka: Projekbestuurders: Mnr. A de Laan, Me. G Fortuin & Mnr. A Samuels​

Thuthuka Koördineerder : Fayrouz Khan ​

Thuthuka: Projekbestuurder

E-pos:                    amber@sun.ac.za

Tel:                        +27 (0)21 808 3428 / 2342​​  

Thuthuka Koördineerder ​

E-pos:                     fayrouz​@sun.ac.za

Tel:                        +27 (0)21 808  3400


Webwerf:   

http://www.sun.ac.za/english/faculty/economy/accounting/programmes/thuthuka-bursary-program​me

Aansoek 

Besoek asb www.thuthukabursaryfund.co.za​​



----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------






​​​



​​​





Die oorheersende tema waarvolgens die Stellenbosch Thuthuka program bestuur word, is:

  • Verbintenis (Commitment) aan jouself en die program
  • Verantwoordelikheid neem vir jouself, die program en die groter gemeenskap

"Thuthukana" (ons bynaam vir Thuthuka-studente) streef daartoe om daagliks hierdie waardes in die volgende wyse uit te leef:


T – TRUSTWORTHINESS

H – HONESTY

U – UNITY

T – TENACITY THROUGH DEDICATION AND PERSERVERAN​CE

H – HUMILITY​

U – UNDERSTANDING THE IMPACT OF SOCIAL CIRCUMSTANCES

K – KINDNESS, COMPASSION AND COMMITMENT TO MAKING A DIFFERENCE

A – AMBITION





Wat is Thuthuka?

Thuthuka is 'n transformasie-inisiatief van die Suid-Afrikaanse Instituut van Geoktrooieerde Rekenmeesters (SAIGR) daarop gemik om voorheenbenadeelde leerders in skole aan te moedig om 'n loopbaan in die geoktrooieerde rekenmeesters (GR) veld te volg. "Thuthuka" is 'n Zulu-woord wat beteken "om te ontwikkel" en dit beoog om die Suid-Afrikaanse besigheidsleierskap te verander. Thuthuka bestaan uit 'n aantal onderrigverwante en gemeenskapsgebonde programme. Die program is geïmplementeer op verskillende vlakke van onderrig en opleiding, vanaf skool- en universiteitsvlak tot nagraadse en werksplekvlakke.

Wat is die Thuthuka Beursfonds?

Die beursfonds het ten doel om die toetreegetalle te vermeerder en ook die slaagsyfer van swart en gekleurde universiteitsstudente te verbeter met finansiële hulp en hulle behoeftes aan te spreek deur middel van uitgebreide ondersteuningsprogramme. Die Thuthuka Beursfonds ondersteun 'n opwindende samewerking deur die universiteite en die professie om effektief saam te werk om transformasie te bewerkstellig. 

Die Thuthuka-program by die Stellenbosch Universiteit ​

Die program sluit 'n reeks van akademiese en addisionele ondersteunende tussenkomste vir studente in. Die tussenkomste kom deurgaans op verskillende vlakke gedurende die Baccalaureus in Rekeningkunde (BRek) graad voor, beginnende met die inleiding van studente. Die program spreek spesifiek die gapings en ongelykhede in die onderwys en lewensondervinding aan. Gedurende die akademiese jaar, word daar van studente verwag om in verskeie transformasie en ondersteuningsinisiatiewe deel te neem.  Dit sluit in: 

  • Mentorskap: Elke eerstejaar Thuthuka-student word aan ʼn Lektor Mentor toegewys en bly saam met hierdie mentor regdeur die program, insluitende in die honneursjaar.  Vir elke vak word daar 'n lys van senior studente beskikbaar gemaak, wie ander studente kan lei en adviseer.  Senior studente (in hulle finale jaar) word aan mentors uit die praktyk (firmas) toegedeel en hierdie mentors lei studente deur hul laaste twee jaar uit 'n praktykperspektief.  

 

  • Individuele Leer en Bystand Program (ILP): Hierdie program help studente met die begrip van onderliggende beginsels en verskeie temas wat in die vier professionele vakke (Finansiële Rekeningkunde, Belasting, Bestuursrekeningkundige/ Finansiële Bestuur en Ouditkunde) gedek word. 

 

  • Ander areas/ vakke: Studente woon ook klasse en tutoriale in ander vakgebiede by om hulle vermoë en vaardighede te verbreed en te verryk.  ​​

Addisioneel tot akademiese ondersteuning word van studente verwag om deel te neem aan verskeie interaktiewe lewensvaardighede en werksplekgreedheidswerkwinkels. Die studente word ook ingesluit by die Stellenbosch Universiteit se Mentorprogram.

Om deel te wees van hierdie program beteken dat die student se vordering gemonitor word, hulle het gereelde kontak met die projekbestuurder en word van die nodige aandag, hetsy akademies of in ander opsigte voorsien. Die projekbestuurder is verantwoordelik om toesig te hou oor die studente se akademiese en sosiale geluk. Noue samewerking bestaan ook met die ander ondersteuningsinisiatiewe binne die Universiteit.

Daar word van studente verwag om vakansiewerk gedurende ten minste een van die universiteitsvakansies te doen asook om deel te neem aan 'n gemeenskapsprojek van hul keuse. Stellenbosch Thuthuka is ʼn subprogramme wat die belange van Thuthukans bevorder, wie verbind is aan die gemeenskap en die bevordering van die rekeningkunde professie. 

Die studente woon in akkommodasie gereël deur d​ie Thuthuka Beursfonds vir die duur van hul studies ten einde verhoudings, vriendskappe en 'n akademiese en sosiale ondersteuningstruktuur aan te moedig en op te bou. Studente het 'n reeks van geleenthede om interaksie met medestudente te ontwikkel en prakties samewerkings- leer- en kommunikasievaardighede te ontwikkel

Toelating tot die Thuthuka Beursfonds by die Stellenbosch Thuthuka-program

 Die aansoekproses het drie fases. Eerstens moet die aansoekvorm voltooi word. Potensiële kandidate word gekontak om te vorder tot die eerste vlak van die keuring wat die National Benchmark test is. Die toets word gebruik om die taal- en, syfervaardigheid en wiskundige aanleg te bepaal. Daarna bestaan, die tweede vlak van die keuring uit die onderhoud wat gewoonlik geskeduleer word voor die einde van die kandidaat se Graad 12-jaar. Die finale aanvaar- dingsbesluit is onderhewig daaraan of die kandidaat aan die minimum BRek-toelatingsvereistes voldoen ten opsigte van die Graad 12-finale-eksamen. Hierdie vereistes word gespesifiseer in die Universiteit se jaarboek.​

 

Kontakbesonderhede 

Vir meer inligting rakende die Baccalaureus in Rekeningkunde-graad, Stellenbosch Universiteit se Thuthuka Program of ander ondersteuningsinisiatiewe, kontak asseblief:

Baccalaureus in Rekeningkunde: Program ko-ordineerder:  Prof CJ van Schalkwyk ​and Prof SPJ von Wielligh ​

Stellenbosch Thuthuka: Projekbestuurder: ​Mev. S Smit​

Tel: +27 (0)21 808-3400
Faks: +27 (0)21 886-4176
Adres: Universiteit van Stellenbosch, Skool vir Rekeningkunde, Privaatsak X1, Matieland, 7602

Vir meer inligting rakende die Thuthuka Beursfonds, kontak asseblief:

Beursfonds Koördineerder​ : ​Mev. Jane Seate​

Tel: +27 (0)11 6216604​

Faks: +27 (0)11 622-3321
Adres: Thuthuka Beursfonds, Posbus 59875, Kengray 2100

Alternatiewelik, kontak die SAIGR-kantoor Kaapstad by +27 (0)21 417 2660

Vir meer inligting rakende die Thuthuka Beursfonds en die aansoekvorms, besoek hul webwerf by  www.saica.co.za​​