School of Accountancy
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Hoe werk dit by die US?

​​​​

Akademiese klerke word aangestel vanaf 1 Februarie tot 31 Desember gedurende hulle eerste jaar van SAIGR-artikels.

Klerke help met onderrig, studentekonsultasies, en ander akademiese verantwoordelikhede in een of meer van die vakgebiede, insluitend Belasting, Finansiële Rekeningkunde, Oudit, Bestuursrekeningkunde, en Digitale- en Leierskapvernuf​).

Werksure is vanaf 08:30 tot 16:00, of 09:00 tot 16:30, en klerke sal meestal vanaf hulle kantoor moet werk. Gedurende tydperke waarin klerke minder klasse aanbied, sal hulle tot 3 dae per week vanaf die huis kan werk.

Klerke het reg op 13.75 jaarlikse verlof gedurende die jaar, waarvan 6.5 gedurende Desember opgeneem moet word. Verlof is nie nodig vir die universiteit se sluitingsperiode (vanaf 12:00 op Dinsdag 24 Desember 2024).

Die SAICA-bevoegdhede van akademiese klerke sal deur die jaar hersien word​​​​