School of Accountancy
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Kommunikasiekanale



'n Stelsel van klasverteenwoordigers word binne die Skool as kommunikasiekanaal tussen studente en die dosent/skool gebruik. Jaarliks, aan die begin van die jaar, word twee klasverteenwoordigers vir elke jaargang aangewys.

Die klasverteenwoordigers het die verantwoordelikheid om, in oorleg met die klas, alle aangeleenthede rakende die kursus tydig met òf die betrokke dosent òf met 'n aangewese onverbonde dosent te bespreek. Die klasverteenwoordigers vergader voorts op 'n gereelde grondslag (ten minste ná afhandeling van elke toetsreeks) met die onverbonde dosent om die vordering met die onderskeie vakkursusse en/of enige moontlike knelpunte te bespreek.​

​Tensy 'n aangeleentheid eers binne die Skool vir Rekeningkunde aanhangig gemaak is (deur dit aan die klasverteenwoordigers te rapporteer), dien dit geen doel om die Dekaan of Viserektor (Onderrig) te nader nie, aangesien genoemde persone sodanige aangeleentheid in alle gevalle eers sal terugverwys na die Skool.

Studente word versoek om sonder versuim van die bostaande kanale binne die Skool gebruik te maak.​