School of Accountancy
Welkom by Universiteit Stellenbosch

BCom & HonsBCom Bestuursrekeningkunde (CIMA)

​​​​​​​​​

Meer oor die kwalifikasie

Die meeste rekeningkundige kwalifikasies lei mense vir die privaatpraktyk op; om met eksterne oudits en belastingkwessies te werk. Die CIMA-kwalifikasie berei 'n mense voor vir 'n loopbaan in besigheid. Die kwalifikasie leer jou vaardighede rakende strategiese advies, die bestuur van risiko en die maak van sleutel besluite.

Ons sillabes is ontwerp om 'n goeie verstaan van al die aspekte van besigheid aan ons studente oor te dra, sodat studente in verskeie areas van 'n organisasie 'n bydrae kan lewer. Die sillabes fokus op besigheid en gee studente dus meer as net rekeningkundige kennis. Jy sal finansieel gekwalifiseer wees, maar ook professioneel opgelei wees in besigheidsbestuur en die vermoë hê om advies rakende besigheidstrategie en risikobestuur te gee.

Wanneer jy as ʼn lid van die Chartered Institute of Management Accountants (CIMA), kwalifiseer sal jy by die wêreld se grootste en toonaangewendste professionele liggaam van bestuursrekeningkundiges aansluit.  CIMA het meer as 218,000 lede en studente in 177 lande.  Indien jy suksesvol vir CIMA opgelei word, sal jy die letters ACMA (Associate of The Chartered Institute of Management Accountants) agter jou naam kan skryf.  Jy sal ook as ʼn Chartered Global Management Accountant kan registreer, wat 'n gesamentlike onderneming tussen CIMA en die AICPA van die VSA is.  (Vir meer inligting oor CIMA, besoek hulle webwerf by www.cimaglobal.com​.)

Bestuursrekeningkundige kombineer rekeningkunde, finansies en bestuur met die toonaangewendste tegniekte wat benodig word om suksesvolle besigheide te bestuur.

  • Geoktrooieerde bestuursrekeningkundiges:
  • Adviseer bestuur rakende die finansiële implikasies van projekte.
  • Verduidelik die finansiële gevolge van besigheidsbesluite.
  • Formuleer besigheidstrategieë. 
  • Monitor besteding en finansiële beheer.
  • Voer interne besigheidsoudits uit.
  • Verduidelik die impak van die mededingend landskap.
  • Bring ʼn hoë vlak van professionalisme en integriteit tot ʼn besigheid.

Bestuursrekeningkundige gaan nie daaroor om rekord van die verlede te hou, soos wat finansiële rekeningkunde doen nie. Bestuursrekeningkunde fokus eerder op die toekoms; beïnvloed en vorm strategieë en die ontwikkeling van besigheidspotensiaal. Bestuursrekeningkundiges is dikwels by vooruitskatting en begroting, kostebeheer, risiko-assessering en projekbestuur betrokke. Hulle stel nie rekening op of oudit rekeninge nie, hulle fokus slegs op die assessering van die unieke besigheidsomgewing. Dit gaan nie oor ʼn syfervretery nie!

Buiten sterk rekeningkundige grondslae, leer CIMA strategiese besigheid en bestuursvaardighede:

  • Analise- hulle analiseer inligting en gebruik dit om besigheidbesluite te neem.
  • Strategie- hulle formuleer besigheidstrategieë en skep welstand en aandeelhouerwaarde.
  • Risiko- hulle identifiseer en bestuur risiko.
  • Beplanning- hulle pas rekeningkundige tegnieke op beplanning en begroting toe.
  • Kommunikasie- hulle besluit watter inligting bestuur nodig het en verduidelik die syfers aan nie-finansiële bestuurders. ​

Hoe word jy ʼn Geoktrooieerde Bestuursrekeningkundige  

Stellenbosch Universiteit bied die volgende roete om ʼn Geoktrooieerde Bestuursrekeningkunde te raak:

  • BCom (Bestuursrekeningkundige) (3 jaar)
  • BCom Honneurs  (Bestuursrekeningkundige) (1 jaar)
  • Kwalifiserende eksamens deur CIMA
  • Drie jaar relevante werksondervinding in enige organisasie wêreldwyd 

Studente wat by Universiteit  Stellenbosch hul BCom Bestuursrekeningkunde of BComHons Bestuursrekeningkunde verwerf, word vrygestel van sommige van CIMA se kwalifiserende eksamens. ​

Studente kan ook die BCom Honneurs (Bestuursrekeningkundige) program volg nadat hulle BCom Finansiële Rekeningkunde) of BRekeningkunde studeer het, maar CIMA sal dalk moontlik minder vrystellings toeken. 

BCom (Bestuursrekeningkundige): Voorgraadse program

Doelwit

Die BCom (rigting Bestuursrekeningkunde)-graadkursus is primêr gerig op die onderrig van studente wat van voorneme is om as geoktrooieerde bestuursrekenmeesters te kwalifiseer. Vrystelling van vakke van The Chartered Institute of Management Accountants (CIMA), met hoofkantoor in Londen, word tans verkry deur persone wat in besit is van beide 'n BCom (rigting Bestuursrekeningkunde) van hierdie Universiteit én die Honneurs BCom-graad in Bestuursrekeningkunde deur hierdie Universiteit aangebied.

Die doelstellings met die BCom (rigting Bestuursrekeningkunde)-graadkursus behels die volgende:

  • Om die basiese inhoud van die leerplan van die geoktrooieerde bestuursrekenmeestersberoep, soos vasgestel deur CIMA, aan te spreek.
  • Om die studiemateriaal so aan te bied dat onafhanklike en konstruktief-kritiese denke by studente aangewakker word.
  • Om by studente vanaf die eerste jaargang die deugde van integriteit, 'n verantwoordelikheidsin en 'n positiewe gesindheid, wat noodsaaklik is vir 'n latere professionele loopbaan, in te skerp.

Toelatings vereistes

Die formele toelatingsvereistes is van die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe Jaarboek (op die Universiteit se webwerf) beskikbaar. 

Studente wat nie in terme van die formele toelatingsvereistes kwalifiseer om vir die BCom (rigting Bestuursrekeningkunde)-graadkursus te registreer nie, mag wel op meriete aan die einde van hul eerste jaargang na gemelde graadkursus omskakel indien aan al die volgende voorwaardes voldoen word:

  • Die persoon moet vir 'n BCom-graadkursus in die eerste jaargang geregistreer wees.
  • Al die vakke wat in die eerste jaar gevolg word, moet suksesvol geslaag word.

Studente wat wens om langs bogenoemde weg toelating tot die BCom (Bestuursrekeningkunde)-graadkursus te verkry, word aangeraai om, indien enigsins moontlik, vir die vakke Statistiek 186 en Inligtingstelsels 188 (in plaas van Inligtingstelsels 112) en Inligtingstelsels 152 in die eerste jaargang te registreer.


BCom Honneurs  (Bestuursrekeningkundige): Nagraadse program

Doelwit

Die doel van die nagraadse program is om studente verder vir ʼn loopbaan as ʼn bestuursrekeningkunde voor te berei. Die program plaas ʼn sterk fokus op vaardighede wat vir topbestuur vereis word, soos strategiese denke en risikobestuur. Die program berei studente vir die finale CIMA-eksamens voor.  

Toelatingsvereistes  

Studente wat in besit van ʼn BCom (Bestuursrekeningkundige) of BCom (Finansiële Rekeningkunde)- graad van Stellenbosch Universiteit is, kan die BCom Honneurs (Bestuursrekeningkundige)-program volg indien hulle ʼn prestasie punt van tenminste 57% in Bestuursrekeningkundige 388 en 57% in Finansiële Rekeningkunde 389 behaal het.

Studente wat in besit van 'n BRekeningkunde- graad van Stellenbosch Universiteit is, kan die BCom Honneurs (Bestuursrekeningkundige)-program volg indien hulle 'n prestasie punt van tenminste 57% in Bestuursrekeningkundige 378 en 53% in Finansiële Rekeningkunde 379 behaal het.

Studente van ander universiteite kan ook in aanmerking kom om vir BCom Honneurs (Bestuursrekeningkundige) te registreer.  Programme wat dalk oorweeg kan word, sluit ten minste drie jaar se Finansiële Rekeningkunde en ʼn minimum van twee jaar Bestuursrekeningkundige in (was Strategie, Finansiële Bestuur en Kosteberekening) moet insluit.  Die keuringskriteria van 57% vir beide Finansiële Rekeningkunde en Bestuursrekeningkundige sal van toepassing wees.  Studente kan die Fakulteit Sekretaresse, Me. Delport (Lauren Delport​) ​kontak om ʼn aansoekvorm te kry.

Die bogenoemde punte moet binne die twee jaar voor die beplande jaar van studie behaal word.

Die toelatingsvereistes is deur die Skool vir Rekeningkunde, na behoorlike oorweging van onlangse resultate wat deur studente in die nagraadse programme behaal is, gestel.  Studente moet dus onder andere reeds die nodige toewyding tot hul voorgraadse studies toon, om in aanmerking te kom vir toelating tot die honneursprogram.  

Die sluitingsdatum vir aansoeke vir die honneursprogram is 31 Oktober van die voorafgaande jaar.  

Die bogenoemde toelatingsvereistes word konstant toegepas.  Die program is ʼn keuringsprogram en slegs ʼn beperkte hoeveelheid studente kan aanvaar word. ​

Inligting oor gelde vir Internasionale Studente 
Volg asseblief hierdie skakel ​​​​


Veel voorkomende vrae (VVV/FAQs)

Verwys asseblief na hierdie dokument vir antwoorde op vrae wat jy dalk steeds mag hê. Volg hierdie skakel. ​​


Kontakbesonderhede

Enige verder navrae met verwysing na die BCom (Bestuursrekeningkundige) of BCom Honneurs (Bestuursrekeningkunde- programme kan aan die programleier​, mnr. Roelof Baard gerig word.  

Tel: +27 (0)21 808 3470

Epos:  RBaard@sun.ac.za  

Privaatsak X1, Matieland, 7602

Van der Sterr gebou, Victoria Straat, Stellenbosch, 7600