School of Accountancy
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Hoekom sal ek dit wil doen?

​​

Die ALP gee aan jou die geleentheid om verbale publieke kommunikasievaardighede te ontwikkel, wat vir besigheidsmense van kardinale belang is. Dit stimuleer ook 'n dieper tegniese kennis van Rekeningkunde en verwante vakgebiede, want jy moet 'n onderwerp werklik goed verstaan om dit aan iemand anders te kan verduidelik. Verder skep dit die geleentheid om die akademie as 'n moontlike toekomstige loopbaan, eerstehands te ervaar. Laastens bied dit aan jou die geleentheid om verder te studeer en/of navorsing te doen in 'n stimulerende omgewing.​