Meer oor die kwalifikasie van Geoktrooieerde Rekenmeester
ʼn GR werk onder andere:
As ʼn ouditeur en/of rekenmeester vir ʼn ouditeursfirma en is onder andere vir die volgende verantwoordelik:
- Uitvoer van wetlik voorgeskrewe oudits;
- Lewering van bestuursadviesdienste, belastingdienste en advies rakende inligtingstegnologie.
As ʼn rekenmeester in handel en nywerheid (bv. die finansiële- of mynsektor), verantwoordelik vir die behartiging van ʼn reeks pligte wat die volgende insluit:
- Bestuursinligting;
- Finansiële verslagdoening;
- Interne beheer;
- Belastingsake;
- Batebestuur.
As ʼn onafhanklike konsultant in areas wat bestuursadvies, belastingadvies en advies rakende inligtingstegnologie insluit.
As ʼn onafhanklike besigheidsman/vrou.
ʼn Groot aantal beroepsgeleenthede bestaan. Geoktrooieerde Rekenmeesters is in groot aanvraag in Suid-Afrika en ook wêreldwyd. Ouditeursfirmas is van die groot werkgewers van GRs. Van die groter ouditeursfirmas is Deloitte, Ernst & Young, KPMG en PricewaterhouseCoopers.
Hoe om 'n GR te word
ʼn GR gebruik die titel GR(SA) en is ʼn lid van die Suid-Afrikaanse Instituut van Geoktrooieerde Rekenmeesters (SAIGR). Indien studente die roete volg wat deur Stellenbosch Universiteit aangebied word, moet hul vir die BRek-graad (3 jaar) registreer en daarna vir die dan ‘n nagraadse kwalifikasie, naamlik die Nagraadse Diploma in
Rekeningkunde (NDR) (1 jaar) of die HonsBRek-graad (1 jaar). Nadat die vereiste tegniese kennis op universiteit verwerf is, word ʼn driejaar kontrak met ʼn geregistreerde ouditeursfirma of ander geregistreerde opleidingsorganisasie in handel en nywerheid aangegaan om die vereiste praktiese ondervinding op te doen. Gedurende die eerste jaar van hulle leerlingskap kan leerlingrekenmeesters die eerste deel van die professionele eksamen van die SAIGR, wat as die Aanvanklike Toets van Bevoegdheid (ATB) bekend staan, skryf.
Nadat ʼn voornemende GR die ATB geslaag het, moet hy/sy ʼn spesialiskursus (wat nie deur Stellenbosch Universiteit aangebied word nie) voltooi en na 20 maande se leerlingskap is hy/sy geregtig om die finale deel van die professionele eksamen van die SAIGR, bekend as die Assessering van Professionele Bevoegdheid, te skryf. ʼn Voornemende GR wat aan al hierdie vereistes voldoen en sy/haar drie jaar van leerlingskap voltooi het, word toegelaat om by die SAIGR as ʼn GR(SA) te registreer.
DIE BREK-PROGRAM (voorgraads)
Doelstelling
Die BRekeningkunde (of BRek)-program is primêr gerig op die onderrig van studente wat van voorneme is om as geoktrooieerde rekenmeesters te kwalifiseer. Toelating tot die eerste professionele eksamen (bekend as die ATB (sien afdeling hierbo) word verkry deur persone wat in besit is van 'n BRek-graad (of soortgelyke kwalifikasie) én 'n HonsBRek-graad.
Die breë doelstellings met die BRek-program is die volgende:
- Om die inhoud van die opvoedkundige gedeelte (universiteitsopleiding) van die SAIGR se Competency Framework vir die geoktrooieerde rekenmeestersberoep, bykans volledig te dek.
- Om die studiemateriaal só aan te bied dat onafhanklike en konstruktief-kritiese denke by studente aangewakker word, asook om die beginsel van lewenslange leer te vestig.
- Om by studente vanaf die eerste jaargang die deugde van integriteit, 'n verantwoordelikheidsin, 'n positiewe gesindheid en vele ander professionele eienskappe en vaardighede, wat noodsaaklik is vir 'n latere professionele loopbaan, in te skerp.
Toelatingsvereistes
Volg hierdie skakel na die EBW Jaarboek 2021.
Studente wat nie Rekeningkunde as vak op matrikulasievlak aangebied en geslaag het nie, soos in die toelatingsvereistes gestel, maar andersins aan die toelatingsvereistes met betrekking tot Wiskunde voldoen en 'n Matriekgemiddeld van minstens 70% behaal het, word tot die BRek-graadkursus toegelaat op voorwaarde dat:
• Finansiële Rekeningkunde 188 saam met die beginnersgroep gevolg en aan die einde van die eerste jaar geslaag word (in die plek van Finansiële Rekeningkunde 178); en
• die nodige aanvullende studiemateriaal ten einde na Finansiële Rekeningkunde 178 om te skakel aan die einde van die eerste jaargang by die Skool vir Rekeningkunde bekom word vir bestudering gedurende die Desember-vakansie; en
• 'n omskakelingseksamen gedurende die week voor die amptelike aanvang van klasse in die daaropvolgende jaar afgelê en geslaag word.
Studente wat aan bogenoemde voorwaardes voldoen, registreer vir Finansiële Rekeningkunde 278 in hul tweede jaargang.
Studente wat nie in terme van die formele toelatingsvereistes of bogenoemde reëling kwalifiseer om vir die BRek-graadkursus te registreer nie, mag wel op meriete aan die einde van hul eerste jaargang na BRek omskakel indien aan al die volgende voorwaardes voldoen word:
• Die student moet vir die BCom(Finansiële Rekeningkunde)- of BCom(Bestuursrekeningkunde)-graadkursus in die eerste jaargang geregistreer wees. (Studente wat nie by aanvanklike registrasie aan die toelatingsvereistes tot BCom(Finansiële Rekeningkunde) of BCom(Bestuursrekeningkunde) voldoen het nie word onder geen omstandighede toegelaat om hierdie omskakelingsroete te volg nie).
• Al die vakke waarvoor in die eerste jaargang geregistreer is, moet geslaag word.
• Daar moet aan die einde van die eerste jaargang skriftelik by die Skool vir Rekeningkunde aansoek gedoen word om omskakeling.
• Die student moet die omskakelingsprosedure na Finansiële Rekeningkunde 178, soos hierbo beskryf, suksesvol voltooi.
'n Maksimum van 50 studente per jaar word toegelaat om op die bostaande wyse na BRek om te skakel.
Dit staan verder enige student wat by oorspronklike registrasie as student aan die US voldoen het aan die formele toelatingsvereistes vir BRek soos uiteengesit in Deel 10 van die Jaarboek, maar om welke rede ook al vir 'n ander graadkursus geregistreer het, vry om om te skakel na BRek. Indien Finansiële Rekeningkunde 188 in 'n vorige jaargang as deel van die graadkursus aangebied en geslaag is, kan die student deur die omskakelings-prosedure na Finansiële Rekeningkunde 178, soos hierbo beskryf, suksesvol te voltooi, direkte toelating tot Finansiële Rekeningkunde 278 verkry. Studente in hierdie kategorie word aangeraai om die omskakeling so gou as moontlik met een van die Mede-programleiers:BRek (Prof CJ van Schalkwyk of Prof SPJ von Wielligh) te bespreek.
Taal van onderrig
Volg hierdie skakel na die EBW Jaarboek 2021.
Inhoud
Motivering van inhoud
Eerste jaargang
In die eerste jaargang word die breër ekonomiese vakgebiede van Ekonomie, Handelsreg, Ondernemingsbestuur, Renterekening en Statistiek aangespreek.
Daarbenewens word 'n aanvang gemaak met die professionele vakrigting van Finansiële Rekeningkunde soos vervat in die SAIGR se Competency Framework, asook die ondersteunende vakrigting van Inligtingstelsels, In die aanbieding van Finansiële Rekeningkunde 178 word daar van die veronderstelling uitgegaan dat die student reeds Rekeningkunde op matrikulasievlak aangebied en op 'n bevredigende peil geslaag het.
Tweede jaargang
In die tweede jaargang word die bestudering van die Finansiële Rekeningkunde en Inligtingstelsels voortgesit, terwyl met die verdere professionele vakke Bestuursrekeningkunde en Finansiële Bestuur, Belasting en Ouditkunde kennisgemaak word.
In Handelsreg word veral Maatskappyreg bestudeer. Die leerplan in Handelsreg dien weer as belangrike agtergrond vir die bestudering van Ouditkunde in die derde en nagraadse jaar. Sake-etiek 214 en 242 het ten doel om studente toe te rus om etiese besigheidsbesluite te kan neem en om noodsaaklike navorsings- en skryfvaardighede te bevorder.
Derde jaargang
In die derde jaargang word die basiese vaardighede van die professionele vakke Belasting, Bestuursrekeningkunde, Finansiële Rekeningkunde en Ouditkunde in so 'n mate aangespreek dat dit as grondslag kan dien vir die noodsaaklike verdieping en integrasie van onderwerpe in die honneursjaar. Die integrasie van dié vakke word ook prakties gedemonstreer in 'n semestermodule in Inligtingstelsels.
Studente met agterstallige voorgraadse modules
Studente wat agterstallige modules van enige van die eerste twee jaargange van die BRek-graadkursus het, word aangeraai om hul verdere studieprogram aan die begin van die akademiese jaar met een van die Mede-programleiers: BRek (Prof CJ van Schalkwyk of Prof SPJ von Wielligh) te bespreek ten einde weë te ondersoek om 'n sinvolle verspreiding van uitstaande vakkrediete oor die kortste moontlike oorblywende studietydperk te bewerkstellig.
Enige goedkeuring wat die Skool vir Rekeningkunde mag verleen vir die inskrywing vir agterstallige modules tesame met vakke uit die daaropvolgende jaargange, hef nie die volgende op nie:
• Dosente se reg om aan te dring op klasbywoning; en
• Die Universiteitsreël dat die toets- en eksamenrooster nie voorsiening maak vir agterstallige vakkursusse nie.
Vir soverre gelyktydige inskrywing vir modules uit verskillende jaargange toets- en/of eksamenroosterbotsings tot gevolg het as gevolg van modules wat agterstallig is, geld die volgende reëls ten opsigte van vakke deur die Skool vir Rekeningkunde aangebied:
• Geen spesiale reëlings word getref in die geval van nie-finalejaarstudente nie. |
• In die geval van finalejaarstudente, met ander woorde studente wat in die huidige jaar van registrasie kan gradueer, geld die volgende:
• Indien eksamenbotsings voorkom, moet die nodige reëlings vroegtydig met die Eksamenkantoor van die Universiteit getref word.
• Indien toetsbotsings voorkom en die agterstallige vak deur die Skool vir Rekeningkunde aangebied word, of 'n toets van 'n vak deur die Skool aangebied bots met 'n eksamen in 'n ander vak, mag die student vir die agterstallige vak registreer op voorwaarde dat die toets van die vak deur die Skool aangebied in die tyd onmiddellik voorafgaande of onmiddellik volgende op die toets/eksamen van die ander vak wat die botsing tot gevolg het, afgelê word.
NAGRAADSE PROGRAMME (NDR of HONSBREK)
Let asb. op die volgende belangrike inligting: Tensy ander vermeld, verwys ‘die programme’ na die 2021 Nagraadse Diploma in Rekeningkunde (NDR) en die 2021 HonsBRek program. Die twee programme word saam aangebied en is identies, buiten die addisionele verpligte HonsBRek Navorsingsmodule (sien Modules hieronder)
Die taal van onderrig is Engels, met Afrikaanse vertolking. Alle klas aantekeninge, toetse en eksamens sal beide in Afrikaans en Engels beskikbaar wees.
- Die program is nie op ʼn afstandsonderrig-basis beskikbaar nie.
Toelatingsvereistes
Die toelatingsvereistes word deur die Skool vir Rekeningkunde vasgestel na deeglike inagneming van onlangse resultate behaal deur studente in die program. Hierdeur word van studente verlang om, onder andere, die nodige toegewydheid reeds in hul voorgraadse studie te toon ten einde vir toelating tot programme in aanmerking te kom.
Volg asseblief hierdie skakel vir die 2021 toelatingsvereistes.
Slegs studente wat in besit is van een van die volgende grade word tot die program toegelaat:
- Die BRek-graad van Stellenbosch Universiteit (of ʼn ekwivalente SAIGR-geakkrediteerde GR-rigting graad van ʼn ander Suid-Afrikaanse universiteit); en
- Die BCom(Finansiële Rekeningkunde) of BCom(Bestuursrekeningkunde) graad van Stellenbosch Universiteit (of enige ander BCom-graad van Stellenbosch Universiteit waarin presies dieselfde modules as een van die bogenoemde grade geslaag is). (Hierdie studente moet ʼn oorbruggingsjaar suksesvol
voltooi om in aanmerking te kom vir toelating tot die NDR of HonsBRek. Volg
hierdie skakel vir besonderhede). Hierdie
roete is beskikbaar vir studente van ander universiteite wat grade
soortgelyk aan die van Universiteit Stellenbosch BCom (Finansiële Rekeningkunde)
of BCom (Bestuursrekeningkunde) het .
Van BCom(Finansiële Rekeningkunde) en BCom( Bestuursrekeningkunde) gegradueerdes van Stellenbosch Universiteit of kwalifiserende studente van ander universiteite wat ʼn oorbruggingsjaar wil voltooi om sodoende in aanmerking te kom vir toelating tot nagraadse programme, word vereis om gedurende die oorbruggingsjaar as Spesiale Studente (vir nie-graaddoeleindes) vir die volgende vakke te registreer, tensy hierdie vakke reeds vroeër as deel van ʼn BCom of ander graad geslaag is (in hierdie geval, verwys ook na die 'tweejaarreël' met verwysing na die ouderdom van modules ten tyde van toelating in die gedetailleerde toelatingsvereistes onder die skakel hierbo):
Modules
Postgraduate
Diploma in Accounting
Module
Name | Credits | Semester |
Financial
Accounting | 40 | Both |
Management
Accounting and Finance | 32 | Both |
Auditing,
Governance and Information Systems | 24 | Both |
Taxation | 24 | Both |
BAccHons
Module
Name | Credits | Semester |
Financial
Accounting | 40 | Both |
Management
Accounting and Finance | 32 | Both |
Auditing,
Governance and Information Systems | 24 | Both |
Taxation | 24 | Both |
Research
Assignment: Accountancy | 30 | Both |
Aansoekproses
Studente van Stellenbosch Universiteit
Aansoekers wat tans as studente van die Stellenbosch
Universiteit ingeskryf is, kan aanlyn by www.mymaties.com aansoek doen.
Studente van ander universiteite
Aansoekers
van ander universiteite moet aanlyn by www.sun.ac.za/pgstudies aansoek
doen vir toelating tot Stellenbosch Universiteit en die HonsBRek-program.
Aansoeke van hierdie aansoekers sal slegs oorweeg word indien daar
aan ALLE aansoekvereistes voldoen word. Hierdie vereistes
sluit betaling van die voorgeskrewe aansoekfooi (slegs SA-burgers), voorsiening
van amptelike bewys van akademiese kwalifikasies en 'n volledig
voltooide verantwoordelikheidsvorm in.
Voornemende aansoekers van lande anders as Suid-Afrika
Die NDR en HonsBRek-program veronderstel ʼn gedetailleerde en op hoogte kennis van Suid-Afrikaanse korporatiewe- en belastingwetgewing, wat die Maatskappywet en Maatskappy Regulasies en Inkomstebelasting en verwante wette insluit. Gevolglik, indien studente van ander lande as Suid-Afrika nie bewys kan lewer dat hulle aan hierdie voorvereiste voldoen nie, kan hulle nie vir toelating tot die program oorweeg word nie. ʼn Minimum van twee verdere jare van voorgraadse studie by Stellenbosch Universiteit word vereis om vir toelating oorweeg te kan word.
Keerdatums vir aansoek
Die keerdatum vir aansoeke om toelating tot die nagraadse programme is 31 Oktober van die voorafgaande jaar.
Die Suid-Afrikaanse Instituut van Geoktrooieerde Rekenmeesters
Vir meer inligting oor die Suid-Afrikaanse Instituut van Geoktrooieerde Rekenmeesters, besoek www.saica.co.za