School of Accountancy
Welkom by Universiteit Stellenbosch

NGDR of HONSBREK (nagraadse programme)

​​​​​​
Let asb. op die volgende belangrike inligting


  • Tensy ander vermeld, verwys ‘die programme’ na die Nagraadse Diploma in Rekeningkunde (NGDR) en die HonsBRek program. Die twee programme word saam aangebied en is identies, buiten die addisionele verpligte HonsBRek Navorsingsmodule (sien Modules hieronder)
  • Die taal van onderrig is Engels, met Afrikaanse vertolking. Alle klas aantekeninge, toetse en eksamens sal beide in Afrikaans en Engels beskikbaar wees.
  • Die program is nie op ʼn afstandsonderrig-basis beskikbaar nie.

Toelatingsvereistes

Die toelatingsvereistes is deur die Skool vir Rekeningkunde (SvR), na behoorlike oorweging van onlangse resultate wat deur studente in die programme behaal is, gestel.   Studente moet dus onder andere reeds die nodige toewyding tot hul voorgraadse studies toon, om in aanmerking te kom vir toelating tot die honneursprogram.  

Slegs studente wat in besit is van die volgende voorgraadse grade sal tot die program toegelaat word:​

  • ʼn BRek graad van Universiteit Stellenbosch (US); of
  • ʼn Ekwivalente SAIGR geakkrediteerde GR-stroom graad of oorbrugging program van ʼn ander Suid-Afrikaanse universiteit; of
  • Die BCom (Finansiële Rekeningkunde) of BCom (Bestuursrekeningkundige) graad van Universiteit Stellenbosch (of enige ander BCom-graad van Universiteit Stellenbosch waarin presies dieselfde modules as een van die bogenoemde grade geslaag is). Hierdie studente moet 'n oorbruggingsjaar suksesvol voltooi om in aanmerking te kom vir toelating tot die NGDR (PGDA) of HonsBRek-programme. Volg hierdie sk​akel​​​ vir besonderhede. 

Volg asseblief hierdie skakel vir die toelatingsvereistes vir US-studente. ​​

Volg asseblief hierdie skakel vir die toelatingsverei​stes vir nie-US studente.

Nie-US-studente: Volg asseblief die skakel vir die Template_Student-portefeulje oor CA2021-waardes en vaardighede​.

Alle studente: Volg asseblief die skakel na 'n dokument wat verduidelik hoe om aansoek te doen vir 'n nagraadse program.


SU bied nie ʼn formele oorbruggingsprogram vir studente van ander universiteite aan nie.  Studente van ander universiteite, sonder ʼn ekwivalente SAIGR geakkrediteerde GR-stroom graad, word aangeraai om ʼn geakkrediteerde oorbruggingsprogram van een van die geakkrediteerde Suid-Afrikaanse universiteite te volg (sien: www.saica.or​g.za).  

Verdere besonderhede is op versoek van die mede-programleiers van die BRek en NGDR (PGDA)/ HonsBRek programme, Prof.  CJ van Schalkwyk en C Lamprecht beskikbaar. 


Modules

Nagraadse Diploma in Rekeningkunde

Module Naam

Krediete

Semester

Finansiële rekeningkunde

40

Beide

Bestuursrekeningkunde en finansies

32

Beide

Oudit, Oorsigbestuur en Inligtingstelsels

24

Beide

Belasting

24

Beide

 

HonsBrek

Module Naam

Krediete

Semester

Finansiële rekeningkunde

40

Beide

Bestuursrekeningkunde en finansies

32

Beide

Oudit, Oorsigbestuur en Inligtingstelsels

24

Beide

Belasting

24

Beide

  ​Navorsingswerkstuk: Rekeningkunde​               30                     Beide


 


 


 


 


                             

Aansoekproses​

Aansoekers kan aanlyn aansoek doen by www.sun.ac.za/pgstudies

Aansoeke sal slegs oorweeg word indien ALLE aansoekvereistes VOLLEDIG nagekom is teen die sperdatums vir aansoeke hierbo genoem.

Let wel: voornemende aansoekers van ander lande as Suid-Afrika
Die PGDA- en HonsBRek-programme veronderstel 'n gedetailleerde en bygewerkte kennis van Suid-Afrikaanse korporatiewe en belastingwetgewing wat die Maatskappywet en Maatskappyregulasies en die Inkomstebelasting en verwante wette insluit. Gevolglik kan studente van ander lande as Suid-Afrika wat nie bewys kan lewer dat hulle aan hierdie vereiste voldoen nie, nie vir toelating tot die program oorweeg word nie. 'n Minimum van twee verdere jaar van voorgraadse studie aan die Universiteit Stellenbosch word vereis om vir toelating oorweeg te word.

Keerdatums vir aansoek

Die keerdatum vir aansoeke om toelating tot die nagraadse programme is 31 Oktober van die voorafgaande jaar.