School of Accountancy
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Studente ondersteuning

​​​​Studentesukses is die middelpunt van die aktiwiteite van die Skool vir Rekeningkunde (SVR). Vir hierdie doel het SVR verskeie inisiatiewe om studente met onderrig en leer te ondersteun. Twee sulke projekte is die Thuthuka-beursprogram en die Ikusasa Student Financial Aid Programme (ISFAP) projek wat gekoördineer word deur 'n projekspan wat verantwoordelik is vir die lewering van omvattende ondersteuning aan studente.

Thuthuka Beursprogram

Thuthuka is 'n transformasie-inisiatief van die Suid-Afrikaanse Instituut van Geoktrooieerde Rekenmeesters (SAIGR) wat daarop gemik is om voorheen benadeelde leerders in skole aan te moedig om by die geoktrooieerde rekeningkundige veld betrokke te raak. Die Stellenbosch Thuthuka-beursprogram bestaan uit vier hoofkomponente. Die belangrikste komponent is die student self, wat verantwoordelikheid vir sy/haar toekoms moet aanvaar en bestaande geleenthede optimaal moet benut. Akademiese sukses is die tweede belangrikste komponent in gevolge waarvan die student deelneem aan verskeie transformasie- en akademiese kwaliteit-inisiatiewe van die SVR in die vorm van akademiese hulpprogramme. Die studente neem ook deel aan doel-gedrewe modules in lewens- en werkplekvaardighede. Die laaste, maar baie belangrike, komponent is sosiale impak. Verskeie dosente is betrokke by die bestuur van hierdie projek. Die meeste dosente in die SVR is mentors vir Thuthuka-studente gedurende die volle duur van hul studies.

Die studente is ook aktief in die gemeenskap in hulle persoonlike hoedanighede. Hulle neem jaarliks deel aan verskeie gemeenskapsdiensprojekte, wat wissel van die toepassing en oordrag van hulle nuut-ontwikkelde rekeningkundige kennis aan skoolleerders, sportafrigting in hul tuisgemeenskappe en die insameling en uitdeel van kos aan minderbevoorregtes. As 'n groep ploeg die Thuthuka-studente ook hul verworwe kennis en vaardighede terug in die gemeenskap in die vorm van jaarlikse projekte.

Vir meer inligting oor en kontakbeson​​derhede vir die beursprogram besoek: ​ http://www.sun.ac.za/afrikaans/faculty/economy/accounting/programmes/thuthuka-bursary-programme

Feiteblad

Ikusasa Student Finan​cial Aid Programme (ISFAP) projek

Die ISFAP-loodsprojek is 'n nasionale beursinisiatief wat deur SAIGR bestuur word. Dit is gemik op studente wat deel vorm van die sogenaamde “vermiste middel" (d.w.s studente uit gesinne met 'n gesamentlike inkomste van minder as R600 000 per jaar) Die teikengroep is studente wat studeer vir professionele kwalifikasies soos geoktrooieerde rekenmeesters, ingenieurs en die akademiese ondersteuning wat aan studente gegee word, is soortgelyk aan die ondersteuning wat gegee word aan studente wat aan die Thuthuka-beursprogram deelneem.

Vir meer inligting oor en kontakbesonderhede vir die beursprogram besoek:​

Bursaries-loans/funding-opportunities