School of Accountancy
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Meesters Gedoseerde opsies: MCom (Rekenaarouditering)

​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​

Agtergrond en struktuur ​

Universiteit Stellenbosch bied die MCom (Rekenaarouditering) graad as ʼn deeltydse tweejaar-program aan. Die program bestaan uit ʼn gedoseerde komponent in die eerste jaargang, asook 'n kort proefskrif en geakkrediteerde artikel oor ʼn goedgekeurde onderwerp wat in die tweede jaargang geskryf moet word. Die program hardloop in ʼn tweejaarsiklus (met ander woorde, elke tweede jaar) en die volgende program sal in Februarie 2024 in aanvang neem, op voorwaarde dat daar ʼn voldoende aantal kwalifiserende aansoeke ontvang word. Die program word slegs in Engels aangebied. 

The programme maak gebruik van ʼn  gesinchroniseerde model, wat gebruik maak van ʼn ware tyd fisiese real-time face-to-face") of virtuele lesings. Die program bestaan uit verskeie kort sessies gedurende die jaar, sowel as bloklesings. Studente van Stellenbosch en omliggende omgewing kan al die lesings in Stellenbosch persoonlik bywoon, terwyl studente van buite Stellenbosch die aanlynplatform kan gebruik. Bywoning van die lesings, virtueel of andersins, is verpligtend.
  

 

Programinhoud

Die program het die volgende doelwitte/uitkomste:

  1. Om studente van konsepte, teorieë en raamwerke te voorsien om rekenaar/tegnologie-gerusstelling in die praktyk te hanteer. Dit word in lesings gedek.

  2. Om studente aan die tegniese besonderhede van moderne inligtingstegnologie-omgewings bloot te stel om hulle sodoende in staat te stel om rekenaargerusstellingsbeginsels in die praktyk toe te pas.

  3. Om studente die geleentheid te bied om die bostaande in praktiese omgewings toe te pas deur die gebruik van gevallestudies, wat op ʼn individuele- of groepsbasis, afhangende van die onderwerp, na elke lesing gedoen word.

  4. Om studente met die konseptuele vermoë toe te rus om toekomstige tegnologieë en probleme te hanteer (m.a.w. lewenslange leer).

Di e dinamiese inhoud van die program weerspieël die onlangse veranderinge in die besigheids- en tegnologiese omgewings. Die inhoud is tans soos volg, maar sal voor die begin van die kursus hersien word om relevant te bly:

  1. Wetgewing en voorstelle, van byvoorbeeld King IV, wat IT-Beheer (IT Governance) as deel van ʼn besigheid se besigheidsmodel vereis ten einde strategiese belyning van die besigheid en inligtingtegnologie, waardetoevoeging en risikobestuur te verseker.

  2. Tegnologie ontwikkel vinnig met die internet wat die fondasie van hierdie evolusie vorm.

  3. Kunsmatige intelligensie en masjien-leer en ander gevorderde tegnologie word in alle toepassings geïnkorporeer. Hierdie nuwe tegnologie moet bestuur word. 

  4. Hierdie veranderinge verhoog die kompleksiteit van rekenaargerusstelling.

 

Die program is gestruktureer om bogenoemde aangeleenthede in detail op konseptuele, tegniese en oorhoofse beheer-vlak aan te spreek. Die klem val op die inligtingstegnologiegaping wat ontstaan tussen die verwagting wat deur hoë vlak beleide en prosesse en die werklike praktyk van implementering, konfigurasie, instandhouding en bedryf van inligtingstegnologiekomponente. Dit word noodsaaklik om geloofwaardige rekenaargerusstelling en effektiewe IT-Beheer te voorsien.

Die volgende diagram som die omvang van die program op (diagram in Engels):



 

Aanbieders

Lesings word aangebied deur:

  • Prof. Willie Boshoff GR(SA),PhD (Rekenaarwetenskap), MCom (Rekeningkunde en Ouditkunde), HonsBCompt, HonsBSc (Rekenaarwetenskap). In die akademiese sfeer staan prof. Boshoff bekend vir sy vermoë om kennis van internasionale standaard aan studente oor te dra. Hy is die Besturende Direkteur van ITBLUE Solutions (Pty) Ltd. op Stellenbosch.
  • Prof. Riaan Rudman GR(SA) BBusSc (Hons), PGDA, MBusSc (Finance), MRek (Rekenaarouditering) cum laude. Riaan is reeds die afgelope tien jaar by die MCom (Rekenaarouditering)-program betrokke. Hy is 'n professor by Universiteit Stellenbosch en bied lesings op voorgraadse, sowel as nagraadse vlak aan.

Die program word gelei deur Prof. Riaan Rudman

Toelatingsvereistes

Daar word geadviseer dat alle voornemende studente liefs verseker dat hulle aan die minimum toelatingsvereistes van 'n Meestersprogram by Universiteit Stellenbosch voldoen, voordat hulle aansoek doen by die Universiteit. Dit is veral belangrik vir studente wat studeer het by nie-Suid Afrikaanse tersiêre instellings.

Minimum toelatingsvereistes vir die program is soos volg:

·ʼn HonsBRek-graad of ekwivalent  en registrasie as Geoktrooieerde Rekenmeester (SA);

 of

·ʼn relevante HonsBCom-graad wat die uitkomste wat vir hierdie program vereis word en ook relevante werkondervinding en/of registrasie by ʼn relevante professionele liggaam, insluit.​


Die aansoeker se akademiese resultate, behaal in die aansoeker se nagraadse en voorgraadse studies, word tydens die keuringsproses in ag geneem.

‘n Student se toelaatbaarheid kan slegs evaulueer word wanneer ‘n student aansoek gedoen het en die nodige documented op die toepaslike platform gelaai is. Vooraf evalueering van studente se aansoeke en toelaatbaarheid voor die aansoek ingedien en gefinaliseer is is nie moontlik nie. Voornemende student kan hulle self teenoor die bo-staande vereistes vergelyk. Die geskiktheid om aansoek te doen is onafhanklik van die besluit om ‘n student toelating tot die kursus te gee. The toelatingbesluit kan eers gemaak word wanneer al die aansoeke ontvang is. Laat of onvolledige ​ aansoeke kan nie oorweeg word nie.

Tegniese en ander vereistes

Die program is hoofsaaklik ʼn residensiële kursus, maar studente het die opsie om van die Stellenbosch Universiteit se virtuele platform, SUNStream (Adobe Connect)of MS Teams, gebruik te maak ten einde sessies by te woon.

Ten einde gebruik te maak van die virtuele platform, moet  studente toegang het tot:

  • Stabiele hoë spoed internettoegang wat beide video en stem vermoë het;
  • Die nuutste weergawe van Adobe Connect; en
  • Webcam en mikrofoon.  

Alle studente sal gratis toegang ontvang om geselekteerde Microsoft toepassings vir die duur van hulle studies af te laai. Alle studente moet hul webkamera vir die duur van die lesing aan hê.

Bywoningsvereiste

Bywoning by alle sessies, virtueel of andersins, en indiening van opdragte is verpligtend is verpligtend. Die presiese datums en tye van die lesings sal aan die begin van die kursus gekommunikeer word en sal na gesprekke met die klas bevestig word.

Studente word vereis om, gedurende die eerste jaar van studie die, bloklesings twee keer ʼn jaar, en dan weer twee keer gedurende die tweede jaar van studie. Bloklesings sal tussen twee tot  drie dae duur en  kan gedurende die week of oor ʼn naweek geskied. Die eerste jaar van die program word met ʼn assessering afgesluit en kan op enige plek van die student se keuse geskryf word, maar daar sal van die student vereis word om 'n onafhanklike toesighouer vir die duur van die assessering te reël.

Let ook daarop dat indien u vir die eerste keer by Stellenbosch Universiteit registreer dat u onlangs gewaarmerkte afskrifte van u kwalifikasie by die Registrateurskantoor moet indien en u akademiese rekord moet deur die nagraadse kantoor goedgekeur word voor u kan registreer.


Koste

Die benaderde koste van die program kan vanaf die Studentegelde-afdeling van die Universiteit aangevra word. Navrae kan aan  studentegelde@sun.ac.za. gerig word. ʼn Persoonlike begroting/kwotasie kan op Studente Gelde se webbladsy aangevra word by: http://www.sun.ac.za/english/maties/fees/study-fees.​

Bykomend tot die programkoste sal daar van studente verwag word om gedurende die tweede jaar van die program ʼn skryfwerkswinkel, so wel as ʼn opsionele navorsings methodologie-kursus by te woon. Die beraamde koste van hierdie programme is op versoek van die program administrateur beskikbaar.Die kostes mag apart van u studente rekening gehef word.

Indien u sou reis, is studente wie uitstedig bly is verantwoordelik om hul eie reis en verblyfkoste te dek. Dit sluit ook al privaatkoste verbonde aan die lesings en assesserings in. As u die kursus virtueel wil bywoon, is studente verantwoordelik om te belê in die nodige hardeware en infrastruktuur om alle leergeleenthede ten volle te benut.

Daar is nie enige program spesifieke befondsing geleenthede nie. Vir meer inligting oor beurse verwys na afdeling Beurse en Lenings en die Nagraadse Befondsingkantoor.

Aansoekproses

Hoe om aansoek ​te doen.

Aansoeke sluit op 1 November 2023. Aansoeke is webgebaseerd by die volgende skakel: Aanso​​eke​ . Die aansoeke word deur die Nagraadsekantoor en die Stellenbosch Universiteit se voornemende studente portaal verwerk.

Daar sal ook van studente verwag word om 'n inligtingvorm te voltooi. Dit moet voor 1 November 2023 aan die program ko-ordineerder ge-e-pos word, indien dit nog nie op die aansoekportaal gelaai is nie.

Let asseblief daarop dat slegs ʼn beperkte aantal studente tot die program toegelaat kan word. Aansoeke sal in Desember 2023 ingevolge die keuringsbeleid van die Skool vir Rekeningkunde oorweeg word, waarna aansoekers, laat in Desember 2023 of vroeg in Januarie 2024 skriftelik in kennis gestel sal word.  



Inligting vir Internasionale Studente  (insluitende inligting oor gelde)
Daar is addisionele vereistes verbonde aan internasionale studente.

Volg asseblief hierdie skakel

Verdere inligting

Vir verdere inligting raadpleeg Jaarboek Deel 10 of kontak die program ko-ordineerder by: ​

Tel: +27 21 808-3400

Vir navrae oor die programinhoud, skakel:

Prof. Riaan Rudman
Tel:  +27 21 808-2701
Epos:  Prof. R.J. Rudman