School of Accountancy
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Wat is akademiese klerkskap?

​​​​

Die SAIGR laat 'n beperkte getal leerlingrekenmeesters toe om die Akademiese Leerlingrekenmeesterskap Program (ALP) te volg. Die program behels dat 'n leerlingrekenmeester die eerste jaar van sy/haar leerlingrekenmeesterskap by 'n SAIGR-geakkrediteerde universiteit deurbring.

Die ALP bied aan leerlingrekenmeesters die geleentheid om die eerste jaar van hul leerlingrekenmeesterskap in 'n stimulerende akademiese omgewing deur te bring, onder andere met die oog daarop om hulle op die langtermyn in 'n akademiese loopbaan te interesseer. 'n Aantal personeellede van die Skool vir Rekeningkunde is trouens voormalige akademiese leerlingrekenmeesters. Verder versterk dit ook die personeelkorps van die Skool deurdat akademiese leerlingrekenmeesters aan soortgelyke take as junior lektore blootgestel word.

Akademiese leerlingrekenmeesterskap geniet tydens hul jaar van akademiese leerlingrekenmeesterskap sover moontlik blootstelling aan die volgende aktiwiteite:

•              Doseerwerk;

•              Tutoriale;

•              Voorbereiding van onderrigmateriaal;

•              Opstel en merk van assesserings; en

•              Navorsing.

Vir meer inligting oor die ALP, verwys asb. na hierdie  dokument wat SAICAdaaroor uitgebring het, asook na SAICA se webtuiste.