School of Accountancy
Welkom by Universiteit Stellenbosch

BCom Finansiële Rekeningkunde (ACCA)

​​​​​

Meer oor die kwalifikasie ​

Die Association of Chartered Certified Accountants (ACCA), met ʼn hoofkwartier in Londen, is in 1904 gestig en is die grootste globale rekeningkunde liggaam, met nagenoeg 154 000 lede en 432 000 studente in 170 lande. Die ACCA kwalifikasie bied jou status, sekuriteit, finansiële voordele en respek regoor die wêreld. Die betiteling van ACCA lede is internasionaal ACCA, betekende Associate of the Chartered Certified Accountants.  Na vyf jaar van lidmaatskap verander dit na FCCA, wat Fellow of the Chartered Certified Accountants beteken.

As ʼn ACCA kan jy in enige grootte of tipe organisasie, in enige werksektor, in enige land regoor die wêreld werk.  ACCA-rekenmeesters in die korporatiewe en publieke sektor verander die finansiële vermoë van hulle organisasie deur hulle in-diepte vaardighede in finansiële strategie, besigheidsanalise, beleggingswaardasie, kostebeheer, finansiële bestuur, prestasiebestuur, risikobestuur en finansiële verslagdoening.  In die publieke praktyk gee ACCA-rekenmeesters advies vanuit ʼn besigheidsperspektief, deur hulle vaardighede en kennis in korporatiewe en besigheidswette, belasting en oudit en versekering.

Geoktrooieerde rekenmeesters: 

  • Adviseer bestuur in die maak van ingeligte besigheidsbesluite
  • Evalueer finansiële prestasie
  • Monitor besteding en finansiële beheer. 
  • Bied onafhanklike oorsig
  • Voorsien finansiële advies
  • Berei finansiële state voor. 


Vir meer inligting oor die Association of Chartered Certified Accountants, besoek hulle webwerf by ​ www.accaglobal.com​

Hoe om ʼn ACCA-lid te word

Die kwalifikasie is driedeling: 1) die eksamensillabus, 2) praktiese ondervinding en 3) professionele etiekmodule.

Indien jy die roete volg wat deur Stellenbosch Universiteit aangebied word, moet jy vir die BCom (Finansiële Rekeningkunde)- graad (3 jaar) registreer.  Tans is studente wat deur Stellenbosch Universiteit studeer, vrygestel van die eerste nege eksamenvraestelle van die ACCA-sillabus en dit is die maksimum vrystelling wat deur ACCA gegee kan word.

Suksesvolle voltooiing van die BCom (Finansiële Rekeningkunde) -graad sal ʼn student die geleentheid gee om die finale vyf kwalifiserende eksamens deur die Association of Chartered Certified Accountants af te lê.

Om as ʼn ACCA-lid te kwalifiseer moet leerder demonstreer dat hulle, buiten dat hulle eksamen slaag, ook aan die ACCA praktiese ondervindingvereistes voldoen. Alle leerders moet 'n minimum van drie jaar relevante rekeningkunde ondervinding onder toesighouding voltooi en aan die minimum bevoegdheidvereistes van lidmaatskap voldoen. Besonderhede van die leerder se praktiese opleiding en ondervinding moet in die Leerlingontwikkelingsmatriks (Trainee Development Matrix) aangeteken word.

Binne hierdie vereistes bied ACCA jou die maksimum moontlike buigsaamheid, wat jou in staat stel om werksondervinding op verskeie maniere op te doen om sodoende aan die vereistes te voldoen: Jy kan byvoorbeeld: ​

  • die praktiese ondervinding, wat van ʼn lid vereis word, voor, gedurende of na voltooiing van die eksamens opdoen
  • ondervinding kry in enige besigheidsektor of kombinasie van sektore (bv. korporatiewe sektor, publieke sektor of publieke praktyk).
  • opdervinding in enige grootte of tipe besigheid kry 

Buiten al die tegniese vaardighede en bevoegdhede wat gedurende die ACCA Kwalifikasie geassesseer word, is dit ʼn sleutelaspek in die ACCA se missie en kernwaardes dat studente oor etiese waardes en professionalisme moet leer.  ACCA studente moet 'n aanlyn opleidingsmodule oor professionele etiek voltooi.  

BCOM (FINANSIËLE REKENINGKUNDE) PROGRAM

Doelwit

Die BCom (Finansiële Rekeningkunde)-graadprogram het ten doel om:  

  • Die basiese inhoud van die eerste nege vakke van die kurrikulum van die gesertifiseerde rekenmeesterberoep, soos deur ACCA bepaal, aan te spreek.  
  • Om studiemateriaal op so ʼn manier aan te bied dat dit onafhanklik en konstruktiewe/kritiese denke by studente aanmoedig.
  • Om die deugde van integriteit, ʼn sin van verantwoordelikheid en ʼn positiewe houding, wat in die toekoms vir ʼn professionele beroep nodig is, vanaf die eerste jaar van studie by studente aan te moedig.  

    Hierdie program is ook gerig op studente wat die Geoktrooieerde Rekenmeester (GR) kwalifikasie wil behaal, maar om welke rede ook al nie BRek voorgraads studeer het nie.  By suksesvolle voltooiing van dié graad kan studente ʼn oorbruggingsjaar doen ten einde vir toelating tot die HonsBRek-program te kan aansoek doen.

    Alternatiewelik kan studente direk na suksesvolle voltooiing van die BCom (Finansiële Rekeningkunde)-graad  vir die BComHons (Bestuursrekeningkunde)-program, wat op die Geoktrooieerde Bestuursrekenmeester (CIMA) kwalifikasie gerig is, inskryf.

    Sien die skakels vir meer inligting oor die BRek (Geoktrooieerde Rekenmeester) en BCom (Bestuursrekeningkunde) (Geoktrooieerde Bestuursrekenmeester) programme.

    Let wel: Beide die HonsBRek en HonsBCom (Bestuursrekeningkunde) programme is keuringsprogramme. Kontak die Skool vir Rekeningkunde vir meer inligting hieroor.

T​oelatingsvereistes

Die formele toelatingsvereistes is in die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe Jaarboek (op die Universiteit se webwerf) beskikbaar. 

Studente wat nie in terme van die formele toelatingsvereistes kwalifiseer om vir die BCom (Finansiële Rekeningkunde)-graadkursus te registreer nie, mag wel op meriete aan die einde van hul eerste jaargang na gemelde graadkursus omskakel indien aan al die volgende voorwaardes voldoen word:

  • Die persoon moet vir 'n BCom-graadkursus in die eerste jaargang geregistreer wees.
  • Al die vakke wat in die eerste jaar gevolg word, moet suksesvol geslaag word.
  • Daar moet aan die einde van die eerste jaargang skriftelik by die Skool vir Rekeningkunde aansoek gedoen word vir omskakeling.

    Studente wat graag die bogenoemde roete wil volg om toelating tot die BCom (Finansiële Rekeningkunde)-program te kry, word geadviseer om in hul eerste jaar vir die vakke Statistiek 186 en Inligtingstelsels 188 (in plaas van Inligtingstelsels 122) en Inligtingstelsels 152 te registreer. 

Inligting oor gelde vir Internasionale Studente 
Volg asseblief hierdie skakel ​​​


Kontakbesonderhede:

Vir enige verder vrae met verwysing na die BCom (Finansiële Rekeningkunde)-program, kontak asb. die programleier, Dr. George Nel.

Tel: +27 (0)21 808 3422​

Epos: gfn@sun.ac.za​

Privaatsak X1, Matieland, 7602

Kantoor 2031, van der Sterr-gebou, C/o Bosman & Victoriastraat, Stellenbosch, 7600.​