Haematological Pathology
Welkom by Universiteit Stellenbosch

​Afdeling Hematologiese Patologie

​Hematologiese Patologie behels die studie van hematologiese siektes en die afwykinge in die hematologiese sisteem as gevolg van ander sistemiese siekteprosesse. Dit sluit in die laboratoriumondersoeke op bloedselle, -plasma, beenmurg en ander liggaamsvog as ondersteunende diagnostiek op 'n wye gebied van Geneeskunde en spesifiek vir die diagnose van hematologiese siektes, wat die volgende insluit: hematologiese maligniteite: leukemieë en limfome, miëloprolieferatiewe siektes; anemieë: nutrisionele en hemolitiese anemieë; hemostatiese defekte: bloedingsneigings en hiperstolbaarheid; voorgeboortelike bloedgroepering en bloedgroepimmunologie.

 

Sekretaresse: Mev Zaakiyyah Ryan
Tel: +27 21 938 4608
Faks: +27 21 938 4609
E-pos: zryan@sun.ac.za