Chemical Pathology
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Afdeling Chemiese Patologie

​Chemiese patologie behels die bestudering van die verandering in bloed en ander liggaamsvog  wat verband hou met spesifieke siektes om sodoende die siektes te diagnoseers en die behandeling te monitor.

Die vak het 'n lang geskiedenis: meer as 2000 jaar gelede het Chinese en Egiptiese dokters reeds veranderinge in die samestelling van uriene in sekere siekte-toestande waargeneem.

Deesdae is kliniese biochemici, navorsers, dokters en tegnoloë betrokke by die chemiese patologiediens wat in hospitale gelewer word.  Die vak behels die uitvoer van roetine- en gespesialiseerde toetse, asook die ontwikkeling van nuwe toetse. Die laboratorium werk nou saam met klinici om sodende pasiëntsorg van 'n hoë kwaliteit te lewer.

Die afdeling Chemiese Patologie is ook aktief betrokke by studente-opleiding en navorsing.