Speech-Language and Hearing Therapy
Welkom by Universiteit Stellenbosch

​Afdeling Spraak-Taalterapie ​

 

Die doel van die program is om die studente op te lei om professionele funksies te vervul ten opsigte van: voorkoming, identifisering, taksering, diagnose en behandeling van kommunikasieafwykings; berading van persone met kommunikasieafwykings en ander noemenswaardighede; konsultasie en navorsing op die gebied van kommunikasieafwykings; onderrig en opleiding van verwante professionele of relevante lekepersone; bestuur van programme voorsien deur spraak-taal- en gehoorterapeute aan kliënte met kommunikasieafwykings in gesondheid-, opvoedkunde- en privaatkontekse.

Afwykings van vlotheid en stem is ingesluit in die bogenoemde velde van die praktyk, asook sluk- en voedingsafwykings.

Studente moet die bogenoemde funksies kan uitvoer in ten minste twee tale, asook gebaretaal.