Speech-Language and Hearing Therapy
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Afdeling Spraak-Taalterapie

​Kliniese Opleiding

 

Dienslewering as deel van die kliniese opleiding van studente vind plaas in Tygerberghospitaal, Bishop Lavis Gemeenskapsrehabilitasie Sentrum, Paarl Stimulasie Sentrum, Elangeni Rehabilitasie Sentrum, tehuise vir bejaardes in Paarl en Bishop Lavis, Carel du Toit Skool vir Gehoorgestremde Kinders, kleuterskole in Stellenbosch, skole vir leerders met spesiale behoeftes en hoofstroomskole. 'n Gemeenskapsuitreikprogram in Paarl-Oos verskaf spraak-taalterapie dienste aan die gemeenskap op die primêre gesondheidsorgplatform. Hierdie plasing vorm deel van die diensleerinisiatief van die afdeling.