Human Nutrition
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Afdeling Menslike Voeding

 

Menslike Voeding by Stellenbosch Universiteit is op 8 Oktober 1991 ingewy deur die destydse Rektor, Prof Mike de Vries. Menslike Voeding funksioneer selfstandig binne die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidwetenskappe op die Tygerberg-kampus en was van die staanspoor af betrokke by baanbrekerswerk in die opleiding van dieetkundiges en ander gesondheidsorg personeel, asook in dienslewering en navorsing. Hierdie afdeling bestaan uit 45 lede, gestruktureer volgens hul kundigheid. Werknemers is betrokke by onderrig en opleiding in terapeutiese voeding, gemeenskapsvoeding, voedseldiensadministrasie, gespesialiseerde voedingsondersteuning, navorsing en administrasie.

Missie

Ons verbind ons daartoe om die erkende leier in Menslike Voeding te wees deur te strewe na uitnemendheid in die dinamiese, geïntegreerde professionele, en koste-effektiewe praktyk van voeding, om instrumenteel te wees in die versekering van die gesondheid en welsyn van al die mense van Suid-Afrika.

Visie

  • Om Menslike Voeding die beste te maak wat daar is, nasionaal en internasionaal
  • Om die wetenskap van voeding te bevorder en op te hef tot sy regmatige plek
  • Om die self-verwesenliking van die dieetkundige en professionele voeding persone te fasiliteer

Waardes

  • Opbouende kompetisie
  • 'n Omgewing van groei en gelyke geleenthede
  • 'n Tegemoetkomende omgewing vir spanwerk
  • Die vermoë om koste-effektiewe voedingondersteuning te beplan, implementeer, monitor en te evalueer
  • Kommunikasie, openhartigheid, onafhanklike denke en eerlikheid
  • Buigsaamheid en verdraagsaamheid, selfs wanneer omstandighede nie ideaal is nie