Family Medicine & Primary Care
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Afdeling Huisartskunde en Primêre Sorg​

​​Huisartskunde is die afdeling wat verantwoordelik is vir die holistiese geneeskundige sorg van individue binne die konteks van hul gesinne en die gemeenskap.

In sy onderrigaktiwiteite plaas Huisartskunde en Primêre Sorg klem op 'n pasiënt-gesentreerde benadering tot primêre sorg wat rus op die stewige fondasie van die biomediese wetenskap en kliniese vaardighede. Onderrigaktiwiteite is gemeenskapsgebaseerd en vind plaas in gemeenskapsgesondheidsentra en distrikshospitale. Klem word ook geplaas op landelike gesondheid en 'n beduidende deel van opleiding vind binne 'n landelike konteks plaas.

Die afdeling se navorsingsaktiwiteite is veral daarop gemik om gehalte primêre sorg binne in 'n distriksgesondheidstelsel te ontwikkel en om innoverende onderrigmetodes vir die gesondheidswetenskappe te ontwikkel.

Sien belangrike dokument (slegs in Engels beskikbaar): The contribution of family physicians to district health services: a position paper for the National Department of Health (Die bydrae van huisarts spesialiste to die distrik gesondheid dienste: a skrywe aan die Nasionale Departement van Gesondheid).

FM specialists 4.PNG  Foto bron: die 2014 verslag van die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe, Stellenbosch Universiteit
​​(beskikbaar by http://newsletters.stellenbosch-mail.com/servlet/link/3419/14674/11675842/599440​)