Clinical Pharmacology
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Afdeling Kliniese Farmakologie

Kliniese Farmakologie ​Laboratorium 

 

Die bedrywighede van die Afdeling Kliniese Farmakologie word deur 'n roetine-enkeldoellaboratorium gesteun. Alle hospitale, gesondheidsorgfasiliteit en -agente (bv. privaat patologiese dienste en rehabilitasiesentrums) in die Kaapse Skiereiland kan hierdie diens benut. Die volgende toetse is beskikbaar:

 

Toetse op bloedmonsters

Karbamasepien
Fenobarbitoon
Valproïensuur
Fenitoïen 
Digoksien
Teofillien
Trisikliese antidepressante
Salisilaat
Parasetamol
Etanol
Metotreksaat
Siklosporien (EDTA-buis)
Takrolimus
Amikasien
Gentamisien
Vankomisien

Toetse op uriene monsters

Amfetamien/metamfetamien
Bensodiasepien 
Barbiturate
Kokaïen
Dagga
Metakwaloon
Opiate
 Parakwat


 
Die ontledingsdiens by die laboratorium is gedurende die volgende tye beskikbaar:

Maandae tot Vrydae: 08:00 tot 16:30
Saterdae, Sondae en openbare vakansiedae: 09:00 tot 14:30

Telefoonnommer: +27 21 938 6168