Engineering
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Navorsing

​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​
​Die Fakulteit Ingenieurswese by Universiteit Stellenbosch staan op die voorpunt van basiese en toegepaste navorsing en geniet internasionale erkenning hiervoor. Dit fokus is op die nuutste en interdissiplinêre navorsing. Ons navorsingsaktiwiteite word ondersteun deur hoogs bekwame personeel asook laboratoria, berekeningsfasiliteite en navorsingsinfrastruktuur van wêreldgehalte.

Ons is bevoorreg om studente van die hoogste kaliber te lok. Ons navorsers slaag goed daarin om hoëvlak ingenieurskundigheid aan industrie en nagraadse studente oor te dra. Tans ervaar ons sterk groei in ons navorsing en nagraadse programme.

Ons Fakulteit in navorsingsintensief en is een van die grootste bydraers tot die Universiteit Stellenbosch se navorsingsinkomste. Navorsing en onderrig in die vyf akademiese departemente word versterk en uitgebrei deur vier navorsingsentra en twee institute van internasionale aansien. Navorsingsgroepe in die eenhede word deur verskeie industrieë en navorsingsrade befonds. 

Die Fakulteit Ingenieurswese is 'n nasionale leier op die gebied van navorsing, veral met betrekking tot die verkryging van befondsing van organiseasies soos THRIP (Technology and Human Resources for Industry Programme) en die Nasionale Innovasiefonds.

Die Fakulteit Ingenieurswese het in 1944 tot stand gekom en het oor dekades 'n uitmuntende reputasie onder sy eweknieë nasionaal en internasionaal opgebou. Van ons prestasies die afgelope paar jaar sluit in:

  • die NNS (Nasionale Navorsingstigting)-gradering van meer as 35% van ons akademiese personeel, wat aandui dat hul internasionale eweknieë hul werk as uitnemend ag en op gelyke voet met internasionale standaarde plaas;
  • die vestiging van die NNS SKA (Square Kilometre Array) navorsingsleerstoel in die Fakulteit Ingenieurswese;
  • die verdubbeling van die aantal nagraadse studente oor die laaste vyf jaar;
  • ons sukses in kennis- en tegnologie-oordrag wat weerspieël word in die  groot aantal kommersiële navorsingskontrakte wat ons kry;
  • wêreldwye erkenning van ons kundigheid, met ons navorsers wat op gereëlde basis deur nasionale en internasionale industrieë versoek word om konsultasiewerk te doen;
  • talle prestigetoekennings wat ons navorsers vir hul werk ontvang;
  • die finansiële standvastigheid van ons sentra en institute.

​Samewerking met die Fakulteit Ingenieurswese by Stellenbosch Universiteit beteken samewerking met 'n onderrig en navorsingsinstelling van internasionale aansien. Nagraadse studente kan daarop staatmaak dat hulle studieleiding sal onvang van topgehalte navorsers en akademici wat hul kennis in 'n kollegiale omgewing sal deel. Ons sien daarna uit om u by hierdie wêreldklas fakulteit as navorsingsvennoot, medewerker, ondersteuner of nagraadse student te verwelkom.