Mechanical & Mechatronic Engineering
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Voornemende voorgraadse studente

​​​​​

Algemene inligting

Die Departement Meganiese en Megatroniese Ingenieurswese bied twee (2) voorgraadse graadprogramme aan: BIng (Meg​anies), en BIng (Megatronies​). Beide programme kan voltooi word in ʼn minimum van vier (4) jaar voltydse studie.

Beide ons programme is ten volle geakkrediteer by die Ingenieursraad van Suid-Afrika (Engineering Council of South Africa (ECSA)), wat beteken dat ons graduandi by ECSA kan registreer As Professionele Ingenieurs na drie (3) jaar se toepaslike industrie ondervinding. Kragtens die Washington Accord word ons programme internasionaal erken in verskeie lande, o.a. die Verenigde Koninkryk, Ierland, Kanada, die VSA, Australië, ens.

Graduandi van ons Departement se programme het al verskeie Meesters- en Doktorale grade by toonaangewende universiteite wêreldwyd behaal.​

Taalbeleid​​

 

Interessante​ skakels om te besoek

Besoek asb die Maties webwerf​ vir meer inligting rakende die aansoekproses, verblyf, finansiële sake, beurse en lenings, ens.

Besoek die Fakulteit Ingenieurswese se werwerf (www.eng.sun.ac.za) en lees meer oor die Fakulteit en die beskikbare programme.

Indien jy Stellenbosch nie ken nie, is hierdie​​ een van vele skakels wat jy kan besoek om meer uit te vind oor die dorp en sy omgewing.


Meganiese Ingenieurswese

Meganiese Ingenieurswese word gekenmerk deur die betrokke veld se betrokkenheid by strukture, beweging en oordrag van energie.

Lees hier meer oor ons program in Meganiese Ingenieurswese ...


Megatroniese Ingenieurswese

Megatroniese ingenieurswese is ʼn nuwe fokus in ingenieurswese wat blyk al meer belangrik word in die toekoms, beide in Suid-Afrika sowel as internasionaal. Die behoefte aan megatronika (wat dit moontlik maak om eenvoudiger, meer ekonomiese, betroubare en veelsydige stelsels te ontwerp), met outomatisasie as die jongste hulpmiddel tot produktiwiteit, neem elke dag toe.

Lees hier meer oor ons program in Megatroniese Ingenieurswese ...