Mechanical & Mechatronic Engineering
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Algemene inligting vir voornemende voorgraadse studente

​​​​​​​

Algemene inligting vir voornemende voorgraadse studente

Die Departement Meganiese en Megatroniese Ingenieurswese bied twee (2) voorgraadse graadprogramme aan: BIng (Meganies), en BIng (Megatronies). Beide programme kan voltooi word in ʼn minimum van vier (4) jaar voltydse studie.

Beide ons programme is ten volle geakkrediteer by die Ingenieursraad van Suid-Afrika (Engineering Council of South Africa (ECSA)), wat beteken dat ons graduandi by ECSA kan registreer as Professionele Ingenieurs na drie (3) jaar se toepaslike industrie ondervinding. Kragtens die Washington Accord word ons programme internasionaal erken in verskeie lande, o.a. die Verenigde Koninkryk, Ierland, Kanada, die VSA, Australië, ens.

Graduandi van ons Departement se programme het al verskeie Meesters- en Doktorale grade by toonaangewende universiteite wêreldwyd behaal.

 

Language Policy /  Taalbeleid

 

Interessante skakels om te besoek

Besoek asb die Maties webwerf vir meer inligting rakende die aansoekproses, verblyf, finansiële sake, beurse en lenings, ens.

Besoek die Fakulteit Ingenieurswese se webwerf (www.eng.sun.ac.za) en lees meer oor die Fakulteit en die beskikbare programme.

Indien jy Stellenbosch nie ken nie, is daar vele skakels wat jy kan besoek om meer uit te vind oor die dorp en sy omgewing.