Mechanical & Mechatronic Engineering
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Navorsing

​​I​n die Departement Meganiese en Megatroniese Ingenieurswese word navorsing in verskeie velde gedoen. Dit sluit in warmteoordrag, termiese energiestelsels, turbomasjienerie, aerodinamika, gasdinamika, berekeningsvloeidinamika, geraas en vibrasie, eindige element modellering van strukture (insluitend vibrasie), analise van saamgestelde materiale, modellering van korrelvloei, plastiekprosessering-modellering en masjienontwerp, ontwerpproses-optimering, megatronika, bio-mediese megatronika, ens.

Die Instituut vir Termodinamika en Meganika (ITM), waarvan al die akademiese personeel deel is, is die eenheid waardeur die Departement sy navorsing en ontwikkelde kundigheid, en ook toets-en metingsdienste, aan die industrie beskikbaar stel. Kliënte sluit maatskappye uit die lugvaart-, vervoer-, vervaardigings-, mynwese en energiesektore in.

Navorsing word gedoen in verskeie navorsingsgroepe. Besoek asb. die blad vir die onderskeie navorsingsgroepe vir meer inligting.​