Die Skool vir Rekeningkunde identifiseer jaarliks sakrekenaars wat toelaatbaar is vir eksamendoeleindes en oor die nodige funksies beskik om, inagnemende die leerplan soos op dié tydstip, aan die geïdentifiseerde behoeftes van studente tot aan die einde van hul honneursjaar te voldoen.
Studente moet daarop let dat slegs nie-programmeerbare sakrekenaars toelaatbaar is in toets- en eksamenlokale.