School of Accountancy
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Siektebriewe

​Siektebriewe is slegs van toepassing op Nagraadse studente 

​​​​​​

Siektesertifikate moet so gou doenlik na die betrokke toetsdatum by die Van der Sterr Gebou, Kamer 2091 ingehandig word. Die Skool moet toesien dat siektesertifikate aan die bestaande riglyne betreffende siektesertifikate (soos hieronder uiteengesit), soos bepaal deur die Uitvoerende Komitee van die Universiteit, voldoen.

Indien 'n onaanvaarbare siektesertifikaat ingelewer is, sal die betrokke student van 'n standaard siektesertifikaat van die Universiteit voorsien word, met die versoek om dit deur 'n geneesheer of geregistreerde kliniese sielkundige te laat voltooi. Die standaard siektesertifikaat kan hier afgelaai word in MSWord formaat deur op die volgende skakel te kliek: Siektebrief.

 

Riglyne van die uitvoerende komitee i.v.m. siektesertifisering van student

 

'n Aanvaarbare sertifikaat moet minstens die volgende bevat:

Die juiste datum(s) van ondersoek deur/raadpleging met die geneesheer/geregistreerde sielkundige.

Die naam van die student.

'n Duidelike diagnose van die siekte (hoofpyn, diarree, maagkrampe word as simptome en nie as siekte beskou nie).

'n Aanduiding van die duur van die siekte met juiste datums van ongeskiktheid vir klasse/eksamens.

In die geval van probleme wat dui op 'n emosionele aandoening of spanning, geld die volgende as riglyne:

Daar moet minstens 'n sertifikaat van 'n geneesheer of van 'n kliniese sielkundige, wat by die SAGTR geregistreer is, verkry word met bovermelde inligting en 'n spesifieke diagnose wat dui op een van die aanvaarbare psigiese stoornisse soos 'n angsneurose of depressiwiteit.

As daar volgens die oordeel van die Uitvoerende Komitee genoegsame faktore buite die eksamenomstandighede is wat aanleiding kan gee tot spanning/emosionele ontwrigting (byvoorbeeld sterfte by die huis, ernstige siekte by die huis, of ontwrigting tuis wat veroorsaak word deur alkohol of skei-aangeleenthede) is 'n verklaring deur 'n geneesheer en/of predikant, na gelang van die geval, noodsaaklik, en behoort 'n vergunning van een week rondom die kritieke insident normaalweg voldoende te wees.​