PROGRAMAANBOD & GEPAARDGAANDE SLUITINGSDSATUMS
As 'n voornemende doktorale kandidaat word 'n maksimum van een doktorale program toegelaat op aansoek. Maak asseblief seker dat jy aan die minimum toelatingsvereistes vir al jou programme van belang voldoen.
Jou toelatingsaansoek vir ’n nagraadse graadprogram sal SLEGS verwerk word indien jy ’n voltooide
aansoekvorm en ál jou stawende dokumente voor voor die sluitingsdatum van die program indien.
Die Sentrale Aansoekkantoor sal dan jou aansoek nagaan, en kontroleer of jou dokumente in orde is. Klik
hier vir ’n aanbieding oor akademiese kwalifikasies en stawende dokumente.
Party programme val oor twee fakulteite. Dít impliseer dat die program in die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe gesetel is, maar deur ’n verbandhoudende departement in ’n ander fakulteit aangebied word.
PROGRAMAANBOD
Die Fakulteit bied doktorale programme op die meeste spesialiseringsgebiede van die gesondheidswetenskappe en geneeskunde aan. Hierdie programme behels omvattende navorsing en vereis die indiening van ’n proefskrif ná ’n minimum studietydperk van twee jaar.
’n Doktoraat in die Gesondheidswetenskappe kan deels op grond van gepubliseerde wetenskaplike artikels behaal word. Ervare navorsers wat reeds oor ’n doktoraat beskik, kan tot ’n DSc-graad (gevorderde doktorale graad) toegelaat word. Die proefskrif vir so ’n senior doktoraat moet bewys lewer van die kandidaat se volgehoue studie van die onderwerp aan die hand van gepubliseerde navorsing.
As jy op die
hiperskakels in die tabel hieronder klik, sal jy na die betrokke programinligting kan kyk.
SLUITINGSDATUMS
Internasionaal
Suid- Afrika