PROGRAMAANBOD & GEPAARDGAANDE SLUITINGSDSATUMS
As ’n nagraadse kandidaat, kan jy tot en met drie programme by jou aansoek insluit. Maak asseblief seker dat jy voldoen aan die minimum toelatingsvereistes van ál drie programme waarin jy belang stel.
Jou toelatingsaansoek vir ’n nagraadse graadprogram sal SLEGS verwerk word indien jy ’n voltooide
aansoekvorm en ál jou stawende dokumente voor voor die sluitingsdatum van die program indien.
Die Sentrale Aansoekkantoor sal dan jou aansoek nagaan, en kontroleer of jou dokumente in orde is. Klik
hier vir ’n aanbieding oor akademiese kwalifikasies en stawende dokumente.
Party programme val oor twee fakulteite. Dít impliseer dat die program in die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe gesetel is, maar deur ’n verbandhoudende departement in ’n ander fakulteit aangebied word.
PROGRAMAANBOD
Die Magister in die Natuurwetenskappe (MSc) kan voltyds oor een jaar of deeltyds oor twee jaar gevolg word. Na gelang van kandidate se wetenskaplike ervaring vereis die program hetsy kursuswerk en ’n navorsingsopdrag, of ’n tesis.
Algemene toelatingsvereistes vir die MSc-graadprogram is hier te kry.
As jy op die
hiperskakels in die tabel hieronder klik, sal jy na die betrokke programinligting kan kyk.
Gemengdeleerprogramme wat op ons telematiese platform aangebied word, word met ’n asterisk (*) aangedui.
SLUITINGSDATUMS
Internasionaal
Suid- Afrika