Kennisgewing aan Lede van die Konvokasie Verkiesing van
‘n President, Sekretaris en ʼn gewone lid om vir ʼn termyn van drie jaar
in die US- Uitvoerende Komitee van die Konvokasie te dien.
Alle lede van die Konvokasie word uitgenooi om deel te neem aan die verkiesing om drie (3) vakatures in die Uitvoerende Komitee van die Konvokasie te vul.
Ons het twee (2) nominasies ontvang vir die vakante posisie van President; vier (4) nominasies vir die vakante posisie van Sekretaris; en ses (6) nominasies vir die vakante posisie vir ʼn verdere lid.
Vir die visiestellings van die onderskeie kandidate, kliek hier.
Volg asb die onderstaande skakels om aan die verkiesing deel te neem:
kliek hier om te stem vir een lid om as
President in die Uitvoerende Komitee van die Konvokasie te dien.
kliek hier om te stem vir een lid om as
Sekretaris in die Uitvoerende Komitee van die Konvokasie te dien.
kliek hier om te stem vir een
ander lid om in die Uitvoerende Komitee van die Konvokasie te dien.
Die verkiesing sal vanaf
27 November 2020 tot 07 Desember 2020 om 23:59 oop wees.
Suksesvolle kandidate sal by die virtuele Konvokasie-vergadering op Woensdag, 9 Desember 2020 aangekondig word.
Rig asb alle navrae aan
konvokasie@sun.ac.za.
Vriendelike groete
Dr Ronel Retief
Registrateur
Universiteit Stellenbosch
27 November 2020