Management
Welkom by Universiteit Stellenbosch

​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​Convo elect_hero copy.png​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​

​​​(Gelys in al​fabetiese​ volgorde per vakature)

STEMMING IS GESLUIT​​

Ons sluit die inligting oor die kandidate hieronder in. Kandidate word vir die volgende ampte benoem: president, visepresident, sekretaris en twee bykomende lede. ​ ​

​ ​

​​​​

Vir president
Dr.​ Theo de Jager

Ek is 'n onbeskroomde Christin en glo in tradisionele familiewaardes. Ek stry vir deursigtige, skoon administrasie, en uitnemende akademiese onderrig, geskoei op die wetenskap, sonder politieke gedienstigheid of ideologiese dwang. Ek staan vir dissipline en wedersydse respek in 'n veilige omgewing. ​Ek glo dat die karakter en kultuur van 'n universiteit ook behoort aan elke alumnus wie se spore oor die kampus lê. Daarom wil ek die konvokasie posisioneer as 'n sterker stem vir almal wat hulle studente-ervarings op Stellenbosch as geestesgoedere koester. Afrikaans is nie net taal nie, dit is 'n stel waardes. Dit is wie ons is!




Klik asb hier vir 'n verkorte CV.

​​​​​

Vir president
Ds. Riaan de Villiers

Ons benodig pragmatiese, toekomsgerigte, inklusiewe en konsulterende leierskap. Ek benut die vaardighede en kennis wat ek by die US opgedoen het om saam met goedgesinde mense te werk en te help om ons nasie van die wonde, trauma en vernedering van ons verlede te genees. ​​Ek glo ons kan, as ’n pragtige diverse konvokasie, saamwerk om huidige ongeregtighede en gedeelde vrese te takel deur moedige en verrykende gesprekke – ingelig deur die lesse uit ons geskiedenis. Ons kan verdelende stelsels omskep tot eenheidspaaie wat komende geslagte se studente ondersteun om ’n meer inklusiewe, gelyke en regverdige samelewing te bou.




Klik asb hier vir 'n verkorte CV.
​​​​​​

Vir president
Mnr. Mfundo X. Makanda

It’s time to preserve our institutional culture at Stellenbosch University. This university is one of the few universities in South Africa that has been able to preserve its values. Without preserving our culture, we have no future. I am running specifically to stand for those who want to maintain the values of our institution. When I visit the university in 2040, I want to witness the act​ivities that we did in 2015 at Huis Visser. Our rich values and culture need to be maintained, preserved and respected.Let’s make Stellenbosch University work again! It’s our duty!


Klik asb hier vir 'n verkorte CV. 
​​​​​

Vir visepresident​​

​​​​​Mnr. Lwazi Phakade​​

Ons benodig pragmatiese, toekomsgerigte, inklusiewe en konsulterende leierskap. Ek staan vir gelyke toegang tot hoër onderwys, akademiese uitnemendheid en inklusiwiteit. My visie is om beter samewerking tussen die Universiteit en die Konvokasie te bevorder, gemeenskapsbelang​e te beskerm, en die belangrike rol van die Universiteit in Suid-Afrika en die wêreld te ondersteun.​Ek het leiersposisies in die US Senaat en SR beklee, en glo my aktiewe betrokkenheid by konvokasie-aangeleenthede voeg waardevolle ervaring en vaardighede by. Dit sal die Konvokasie help om ten beste te funksioneer en al die dinamiese en diverse gemeenskappe van die US te verteenwoordig.





Klik asb hier vir 'n verkorte CV.​

Vir visepresident

Mnr. Johan Acker Smit

Ek is 'n Christen, 'n ervare uitvoerende bestuurder, 'n suksesvolle besigheidsman en trots Afrikaans. Ek glo dat die belangrikheid van goeie waardes en regverdigheid nie onderskat kan word nie. Ongelukkig toon die US al die tekens van nog 'n instelling wat in 'n afwaartse spiraal vasgevang is. Ons kan dit nie toelaat nie. ​​Ek staan vir sterk leierskap, meriete, verantwoordbaarheid, die behoud van gesonde tradisie en gelyke geleenthede terwyl ek my sal beywer vir die beskerming en uitbreiding van Afrikaans as onderrigtaal. Afrikaans nie slegs 'n taal nie, dit is 'n stel waardes, 'n kultuur. Dit is wie ek is!

JA Smit photo.jpg

Klik asb hier for vir 'n verkorte CV. ​


Vir sekretaris
​​​​

Me. Nomzamo Portia Ntombela

Ons benodig pragmatiese, toekomsgerigte, inklusiewe en konsulterende leierskap. Ek wil help om ’n konvokasie te skep waarin ’n verskeidenheid van identiteite betrek word; wat die bestaande strukture versterk, en ’n adviserende rol speel in die transformasie van die US tot ’n inklusiewe en toekomsgerigte instelling – wat sy restitusiestelling op ’n tasbare wyse verwesenlik. ​​​As ’n PhD-kandidaat wat saam met studente en personeel werk, het ek ’n wesenlike begrip van alumni en studente se behoeftes. My leiersposisies in die SA Sosiologiese Vereniging en as SR-voorsitter rus my toe met ervaring en vaardighede waarby die breër konvokasiegemeenskap kan baat vind.


Klik asb hier vir 'n verkorte CV​.

​​​​​

Vir sekretaris

Mnr. Bernard Pieters

Ek is 'n Suid-Afrikaanse Christen, 'n pa, 'n man, 'n ervare bestuurder, sakeman en trots Afrikaans. ​​Ek sal robuuste leierskap, verantwoordbaarheid, meritokrasie, gelyke geleenthede, edele tradisies en taalgelykheid bied en ondersteun. Ek glo in 'n holistiese ontwikkeling van ons akademiese gemeenskap, met die doel om 'n kultuur te bevorder wat beide akademiese uitnemendheid en intellektuele diversiteit koester, versterk en uitbou. Vir my is Afrikaans nie net 'n taal nie, dit is 'n stel waardes en 'n kultuur. Dit is wie ek is. Ek sal geëerd wees om u ondersteuning in hierdie verkiesing te hê.





Klik asb hier vir 'n verkorte CV.

Vir bykomende lid ​
​​​​​

​Mnr. Chris Biel

Deur my uiteenlopende agtergrond as 'n aktiewe studenteleier met deelname aan verskeie universiteitsleierskapstrukture, sowel as 'n plattelandse opvoeding, bied ek 'n unieke perspektief om die gaping tussen tradisie en innovasie binne die Konvokasie van die Universiteit Stellenbosch te oorbrug. EK sal inklusiewe beleide vir ALLE Stellenbosch-studente na streef. My doel sal wees om ons ryk erfenis te verenig met vernuwende studentebehoeftes. My fokus is gerig op regverdige en billike universiteitsbeleide wat sal verseker dat, Universiteit Stellenbosch, voortdurende uitnemendheid vir die toekomstige geslagte sal bly.​​



Klik asb hier vir 'n verkorte CV.

Vir bykomende lid ​
​​​​​

Mev. Taryn Cohn (Moos)

Ons benodig pragmatiese, toekomsgerigte, inklusiewe en konsulterende leierskap. Ek streef na ’n konvokasie wat ywerig en pragmaties betrokke raak by die uitdagings wat ons Universiteit en die breër samelewing ervaar; daarop gefokus is om die US se internasionale reputasie te bevorder; en alle lede van ons gemeenskap, veral kwesbare of eerstegenerasiestudente, beter te ondersteun. ​​Ek wil my institusionele kennis van die US en my vaardighede in kommunikasie en bemarking benut om te verseker dat die Konvokasie en die Universiteit relevant en toekomsgereed bly. Só sal ons grade waarde behou terwyl die US toenemend sy plek op die wêreldverhoog inneem.



 Klik asb hier vir 'n verkorte CV.
​​
Vir bykomende lid ​
​​​​​

Mev. Isabelle de Taillefer

Suid-Afrika se grootste uitdagings sedert uniewording lê nie agter ons nie. Dis op pad. Die obsessiewe medikasie van pre-millennium problematiek, ook binne akademia, het lewe gegee aan verwronge denkvergrype wat huidige werklikhede ontken en bestaansregte wil negeer. Kulturele guillotines vir'n taalgroep, veral by 'n bakenuniversiteit in die indrukwekkende voerarea daarvan, is onsinnig, onredelik en teenproduktief. Afrikaans is méér as 'n taal. Dis 'n waardestelsel, 'n kultuur, 'n manier van wéés. US kon nog altyd sy balans herwin in ons siesmiese landskap, en nuwe verskuiwings dreig. Dis weer tyd vir 'n sigsbesinning en herwaardering van sy plek, rol en visie.​​​



Klik asb hier vir 'n verkorte CV​.

Vir bykomende lid ​

Mnr. Jan Naude de Villiers 

As 'n 4de generasie Matie en 'n pa, wil ek my deel doen om seker te maak ​dat ek en my mede-alumni se kinders eendag toegang kry tot dieselfde wêreldklas onderrig wat ek geniet het, maar ook die beste van dieselfde sosiale ervaring en kulturele waardes wat die US uniek maak. Ek ondersteun 'n kultuur van insluiting en verdraagsaamheid op kampus in balans met die bewaring van bestaande Afrikaanse kampuskultuur, wat positief bydra tot die US se unieke aanbieding. Afrikaans is nie slegs 'n taal nie, dit is 'n stel waardes. Dit is wie ek is!



Klik asb hier vir 'n verkorte CV.

Vir bykomende lid ​
​​​​​

Mnr. Celenkosini Gabriel Lukhele

I am a lifetime learner with over 16 years of professional experience, on a mission to bridge divides. In the industry I bridge the divide between digital and business, socioeconomic divides, in professional bodies between institutions of high learning and industry, and more importantly in the convocation committee between university management, students, alumni and industry. Open Learning platforms and e-learning are redefining education boundaries post COVID-19 pandemic. My role at the convocation is to help SU to successfully claim their rightful stake, and to continue to be a leader in the education future state. Daarsy Maties!​



Klik asb hier vir 'n verkorte CV.

Vir bykomende lid ​
​​​​​

Mnr. Simphiwe Malaza

I aspire to transform Stellenbosch University into a beacon of diversity and inclusivity. As a dedicated academic and entrepreneur with a master's degree in finance, my vision is to foster an environment where every student, irrespective of background or race, feels valued. Pursuing a Ph.D. reflects my deep commitment to education. Together, let's shape policies within the convocation to promote inclusivity, address historical imbalances, and elevate our institution. I envision a global hub where African and world scholars converge, creating a dynamic, inclusive, and innovative academic community for a brighter, united future at Stellenbosch University.​



Klik asb hier vir 'n verkorte CV.

Vir bykomende lid ​
​​​​​

Me. Karen-Christine Meiring (Kabous)

Ons benodig pragmatiese, toekomsgerigte, inklusiewe en konsulterende leierskap. ​​​Ek sien die Universiteit as ’n gemeenskap wat nie moeilike gesprekke vermy nie, wat verskeie menings verwelkom, en ’n toonaangewende rol speel in die hedendaagse Suid-Afrika. Ons moet ’n universiteit wees wat nuuskierigheid, kreatiwiteit, deeglike debat en oplossings vier. Ek beywer my vir ’n ruimte waarin ons saam ’n toekoms skep wat tot ons almal se hartstaal spreek en waar ons nie aannames maak op grond van kultuur-identiteit nie. Ek sien uit na verrassende, selfs onwaarskynlike, gesprekke en insigte, met nuwe uitkomste wat ons herinner ons is trots Suid-Afrikaans.


​ ​
Klik asb hier vir 'n verkorte CV.​

Vir bykomende lid

Mnr. Bernard Oosthuizen​


Die Universiteit Stellenbosch het toerekeningsvatbaarheid, bekwame leierskap en daadwerklike interaksie met belanghebbendes nodig. Die konvokasie kan baat met verteenwoordiging van jong alumni in sy uitvoerende leierskorps. Met die bogenoemde ten doel beoog ek om: 1. Die Universiteit verantwoordbaar aan sy waardes te hou. 2. Akademiese vryheid te bevorder. 3. Die belange en menings van die ganse konvokasie op ‘n bekwame en samewerkende manier te verteenwoordi. 4. Die effektiewe gebruik van student e​​​n alumni hulpbronne te bevorder. ​Ek beoog om die US as ‘n leier in opvoeding, navorsing en sosiale samehorigheid in Suid-Afrika te bevorder

Bernard JH Oosthuizen copy.png


Klik asb hier vir 'n verkorte CV. 
​​​​​​​​​​​​​ ​


Dr Ronel Retief
Registrateur
Universiteit Stellenbosch