By die Universiteit Stellenbosch moet ons ons programme en modules dokumenteer deur van Vorm A en Vorm B gebruik te maak. Die formulering van uitkomste, assesseringsplanne en module-inhoude maak deel uit van die voltooiing van hierdie dokumente. Hierdie aspekte is ooreenstemmig met die konstruktiewe belyningsproses wat in hierdie hulpbron beskryf word.
Die Vorm A-inligting sal gewoonlik in die Jaarboek vervat word en die Vorm B-inligting raak deel van die moduleraamwerk. Vir die nuutste weergawes van hierdie dokumente, klik hier: Sentrum vir Akademiese Beplanning en Gehalteversekering.
Vir meer inligting oor Jaarboekveranderinge, nuwe programme en modules, kontak die Sentrum vir Akademiese Beplanning en Gehalteversekering.