Natuurwettenskappe
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Vir Voornemende Studente

Die Fakulteit Natuurwetenskappe is daartoe verbind om jong wetenskaplikes in die Natuurwetenskappe te onderrig om sodoende die kennisbasis van ons gemeenskap uit te brei, spesifiek op die gebiede van wetenskap en tegnologie. Ons bied ’n verskeidenheid van programme aan wat spesifiek saamgestel is om ons gegradueerdes voor te berei vir hulle rol as professionele natuurwetenskaplikes , en boonop wil ons studente toerus met genoegsame agtergrondkennis om die nagraadse studieprogramme in Biodiversiteit en Ekologie, Molekulêre Biologie en Biotegnologie, Menslike Lewenswetenskappe, Fisika, Chemie en Polimeerwetenskap, Aardwetenskappe, Wiskundige Wetenskappe, Sportwetenskap en Wetenskapsonderrig te kan volg.

Voorgraadse studente vind baat by ondersteuningsprogramme in die vorm van o.a. ’n tutorprogram deur middel waarvan studente met probleme vroegtydig geïdentifiseer kan word en hulle akademiese ondersteuning kan ontvang. Wat betref ons taalbeleid, kry Afrikaanssprekende en Engelssprekende studente paralelle onderrig op eerstejaarsvlak en tolkdienste is vanaf tweedejaarsvlak beskikbaar indien nodig.

Maties Natuurwetenskappe Winterweek vir voornemende studente

Die gewilde Maties Natuurwetenskappe Winterweek gee aan leerders wat geïnteresseerd is in 'n loopbaan in die Natuurwetenskappe, die ideale geleentheid om meer uit te vind oor die studieprogramme wat die Fakulteit Natuurwetenskappe aanbied, die onderskeie vakdissiplines, en die beroepsgeleenthede wat in hierdie wetenskapsvelde beskikbaar is. Vir meer inligting, kontak Mariétta van den Worm by mvdworm@sun.ac.za

Maties Natuurwetenskappe Aansoek