Natuurwettenskappe
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Vir Nagraadse Studente

Toekenning van Nagraadse Beurse deur die Fakulteit Natuurwetenskappe (2013)
PhD Insentief

Die Fakulteit Natuurwetenskappe lok voltydse en deeltydse nagraadse studente van Suid-Afrika, Afrika en oorsee, deur middel van formele internasionale skakeling en uitruilprogramme.

Meer as 95% van ons akademiese personeel het ’n PhD- of gelykwaardige graad en nagenoeg 70% van ons wetenskaplikes word deur die Nasionale Navorsingstigting as navorsers van internasionale statuur erken. Dit verseker dat ons nagraadse studente deel is van navorsingspanne wat kan meeding met die bestes ter wêreld en dit is een van die redes waarom die Fakulteit onder die top 300 in die kategorie Natuurwetenskappe van die QS Wêreld Universiteite Ranglys verskyn.

Die Fakulteit het verskeie metodes van intervensie ingestel ter ondersteuning van nagraadse studente. Dit sluit onder andere ’n jaarlikse navorsingsoriënteringswerkswinkel in, asook ’n diensooreenkoms tussen studieleiers en nagraadse studente wat riglyne gee oor gedeelde verantwoordelikhede met betrekking tot die voltooiing van ’n MSc- of PhD-graad.

Die Fakulteit bied ook ’n aansporingsprogram vir PhD-studente aan wat hulle studies binne drie jaar voltooi, asook ’n beperkte aantal beurse vir nuwe meestersgraad- en doktorale studente.